Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 26

PRODUSENTFOKUS | PRODUCER FOCUS Bou brûe van vooruitgang Menslike hulpbronne deel van jou toekomsstrategie Senwes Scenario het met produsent Neels Fourie van Schweizer-Reneke gesels oor een van die groot vyf onderafdelings van toekomsstrategie in boerdery, naamlik menslike hulpbronne. Hierdie onderwerp is ook by die 2019 Senwes Toekomsfokusdag bespreek, waarvan Neels deel was. Hy het sy kennis, raad en suksesverhale met ons gedeel.  Deur Aubrey Kruger Senwes Senior Joernalis ARBEIDSBESTUUR IS KOMPLEKS A rbeidsbestuur is ingewikkeld omdat mense wat by jou werks- mag aansluit, baie verskillend is. Personeellede het verskillende agter- gronde, erva­ring en toekomsverwagtinge. Daarom is dit baie moeilik om alles in ’n stel reëls vas te vat. Dus moet daar baie keer op ’n persoon-tot-persoon basis gewerk word en mense moet op meriete hanteer word. Die praktiese toepassing op ’n plaas is baie moeilik, omdat jou personeel op een dag verskillende probleme of versoeke kan hê wat kan wissel van een met 'n dok- tersbesoek tot ’n ander wat ’n begrafnis wil bywoon en geld wil leen. Die probleem wat jy in boerdery het, is multidissiplinêr. Die probleem op ’n plaas is dat die werk moet aangaan. Dit is prakties baie moeilik om situasies te hanteer omdat die per- soon wat betrokke is of oortree, die ver- loop van die hele dag belemmer. Uitdagings van die bestuur van ’n arbeidsmag Die vernaamste uitdagings van die be­­ stuur van ’n arbeidsmag kan opgedeel word in die wetlike aspekte, soos vorms wat deur die wet vereis word, die reëls en regulasies wat die werkgewer verwag, 24 asook die menslikheidsfaktor van arbeids- bestuur. Die punte som die werksituasie presies op waar die wet, werkgewer en personeel in harmonie moet saamwerk. Neels verklaar dit so: “Jy wil nooit met ’n situasie sit waar die een gedeelte die ander gedeelte versmoor nie. Word so ’n situasie van versmoring vermy, kan daar soveel meer bereik word, want jy wil steeds hê ’n individu moet kan uitstyg, jy wil steeds ’n leier kan identifiseer en jy wil steeds vrydenkendheid hê”. ONTWIKKELING VAN PERSONEEL Ken jou personeel en hulle behoeftes Onthou altyd, ’n werker se grootste moti- vering sal altyd vergoeding wees. Ons kan dit in tasbare vergoeding, nie-tasbare vergoeding en menslike welsynsvergoe­ ding opdeel. Omdat hierdie motivering so belangrik is, skryf alles op wat deur die maand gebeur, sodat jy met ’n lonepro- gram in ’n salarisstrokievorm presies vir jou personeel kan uitwys wat hul loon is met presiese aftrekkings ten opsigte van ongeskiktheid, aftreefonds, spaarplan, afwesigheid by die werksplek en ander inligting. Die uitdaging op die plaas is egter om alles te hanteer, saam te vat en dan dit as verwysing te rugsteun. En boon­op gebeur dit gewoonlik lynreg teen die daaglikse vloei van ’n dag op ’n plaas. Daar is ’n aanname dat alle personeel­ SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020 lede toegang het tot bankstate, wat nie altyd die geval is nie. Daarom moet die werkgewer duidelik uiteensit hoe per- soneel vergoed word. ’n Salarisstrokie of ’n loneprogram is dus die basiese begin van ’n goeie kommunikasiedokument. Jy as werkgewer het beheer oor uit- betaling van lone en salarisse en geen beheer daarna nie. Dis waarom die werkgewer voor die tyd gedeeltes moet inbou vir ’n aftreefonds, verhogings wat in aftreefondse belê word, begrafnisdekking en ander spaarplanne. Die menslike welsynskant is aan die nie-tasbare kant. Hier kan die werkgewer ’n omgewing op die plaas skep wat beter is as ander opsies daar buite. Vestig ’n plaasskool waar jy betrokke is. Wees bewus van plaaswerkers, hul kinders, ensovoorts. Skep dus ’n tipe van plaas- beursskema. Onthou, opleiding kan ook ’n deel van vergoeding wees. By ons plaas sorg ons dat ’n paar werkers bestuurslisensies kry, wat ’n vorm van opleiding en bemagtiging is. Plaaswerk is nie ’n baie gesogte werk nie en baie personeel streef daarna om taxi- of trokbestuur­ders te word. So maak jy dit aantreklik vir hulle om te bly. Weet dat jou plaaswerkers ook eksterne druk ervaar. Wees ondersteunend teen­oor mekaar, veral as personeel ondersteu­nend teenoor die plaas en werkgewer is. Dit is partymaal ’n baie moeilike situasie, want