Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 24

LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL Is kuilvoerentstowwe ’n belegging? Wanneer dit by die produksie van hoë gehalte voer kom, kan die resultate geraak word deur enigiets van die weer tot tydsberekening, hantering en stoormetodes.  Albert van Rensburg Besturende Direkteur, Biomin SA O m goeie gehalte kuilvoer te maak, moet mens bewus wees van die plant- en mikrobiese en omgewingsfaktore wat kuilvoerfermentasie beïnvloed – wat alles die voedingswaarde en gehalte van kuilvoer bepaal. Die ekolo­ gie van inkuiling is uiters ingewikkeld. Aangesien voer ’n groot gedeelte van die voerkoste van melk en voerkraalproduksie uitmaak, is die produksie van kuilvoer van ’n hoë gehalte, belangrik vir winsgewend- heid. Kuilvoerentstowwe kan drie belang­ rike bydraes maak:  Verseker hoë gehalte kuilvoer.  Voorkom dat ongewenste organismes in geoeste voer voorkom.  Verhoog voerinname en diereproduksie. OM TE ENT OF NIE Kuilvoerentstowwe is ontwikkel as hulp- middel om die fermentasie van kuilvoer te beheer. Plante bevat van nature groot hoeveelhede variëteite bakterieë, giste en skimmels voordat dit geoes word. Die aan- tal en tipes mikroörganismes wat op die plant teenwoordig is, hang af van die tipe plant, die groeitoestande en gesondheid van die plant. Wanneer ’n mens kuilvoer maak, wil jy die voer vinnig preserveer deur suurstof uit te skakel en die pH van die kuilvoer te verlaag om die verdere groei van ongewenste mikroörganismes te voorkom. Die doel van ’n kuilvoerent- stof is om bakterieë te verskaf wat vinnig groei, die fermentasie sal oorheers en die regte fermentasiesure sal produseer om kuilvoer van ’n goeie gehalte te maak. ’n 22 Hoë gehalte kuilvoerentstof sal vinnig die fermentasie na melksuurproduksie lei, om die pH van die voer te verlaag. ’n Hoë gehalte kuilvoerentstof sal ’n mate van versekering teen suboptimale oes-, kerf-, vulling-, kompaksie- en bedekkings­ omstandighede verskaf. Vordering op die gebied van entstofwetenskap het entstow- we opgelewer wat die aërobiese stabiliteit van kuilvoer met die oopmaak van die bunker kan verbeter en voorkom dat die kuilvoer warm word. HAAL DIE VREES UIT FERMENTASIE Fermentasie is ’n balanseertoertjie waar- tydens water, tyd, suurstof en ander veranderlikes probeer om die proses te ontspoor. Kry die gewas op sy hoogste voedingsvlak geoes en gekuil. Op hier­ die punt moet alle suurstof uitgeskakel word, sodat die bakterieë kan begin werk. Die hoeveelheid melksuurbakterieë wat bygevoeg word, moet ten minste 10% meer wees as die natuurlike bakteriepopu­ lasie op die plant. Meeste entstowwe word teen ’n koers van 100 000 selle per gram (CFU/g) kuilvoer bygevoeg. Enting teen ’n koers van slegs 1% minder as die natuurlike populasies kan daartoe lei dat bymiddels min impak op die gehalte van kuilvoer het. KEUSE VAN ENTSTOF Die keuse van die regte entstof is ’n sleutel­faktor in die bereiking van die ver­ wagte resultate. Gebruik entstof wat werk. Dit beteken dat die regte tipe bakterieë ge­bruik moet word. Kyk spesifiek na bak­- terieë wat vinnig vermeerder in die pH van die voer waarin hulle groei en melksuur produseer. Die algemeenste bakteriespe­ SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020 sies wat suur produseer, is Lactobacillus plantarum, Enterococcus faecium, Lactobacillus brevis en Lactobacillus kefiri. Die afgelope jare het ’n kombinasie van twee of meer bakteriestamme ’n manier geword om die doeltreffendheid daarvan te verhoog en ’n wyer spektrum van toepas- likheid te verkry. Alle produkte is nie ewe doeltreffend. Verskaffers behoort bewerings van minder verlies aan droëmateriaal (DM) of beter voerdoeltreffendheid te kan staaf. Jy moet aan die hand van die tipe kuilvoer (mielie­kuilvoer teenoor gras- of sorghum- kuilvoer) kies. Navorsingsresultate toon dat entstowwe DM-inname en diere se presta- sie met gras-, mielie- en lusernkuilvoer met 4% tot 5% verbeter. Sekere melksuurbak- terieë wat in kuilvoerentstowwe gebruik word, het voordelige uitwerkings op her­ kouers se prestasie. Melksuurbakterieë kan die grootpensomgewing verander en só op grootpens-mikroörganismes inwerk, dat die benutting van voer bevorder word. GEVOLGTREKKING Kuilvoerentstowwe kan die inkuilingspro­ses verbeter, maar vervang nie die aandag aan fundamentele faktore nie, wat die sleutel tot die maak van goeie gehalte kuilvoer is. Die gebruik van entstowwe kan die gehalte van kuilvoer aansienlik verbeter, aërobiese stabiliteit verhoog en verliese beperk. Die insluiting van ’n kuilvoerbymid- del as roetineprosedure in boerdery, kan produsente se winste aansienlik verhoog. Die belangrikste aspek is nie prys nie, maar opbrengs op belegging. Vir meer inligting, skakel Biomin by 018 468 1455/6 of besoek die webtuiste by www.biomin.co.za. Facebook: Biomin South Africa