Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 15

INNOVASIE | INNOVATION ALLES-IN-EEN-DIENS “Deur ’n boerdery as ’n organisasie op “MyJohnDeere.com” te registreer, kan Suid-Afrikaanse produsente ’n alles-in- een-winkel met kunsmatige intelligensie­ gedrewe inligting, besluitnemings- en begeleidingsvermoëns bou wat intyds raad bied, gegrond op hul eie plaasdata. ”John Deere weet produsente boer nie alleen nie. Gevolglik is die More Tools- toepassing by die Operations Center gevoeg. More Tools bevat ’n lys van 15 derdepartyverskaffers. Deur produsente se bestaande data te kombineer met data van ondernemings soos AgStudio, GeoFarm of TERRA Tools, kry produsente ’n breër prentjie van die landbouwêreld en -dienste. Danksy dié datastelsel, kan elke pro- dusent aktiwiteite beplan en bestuur, vordering monitor en resultate ontleed – ingelig deur akkurate verslae wat opge­ stel is deur gebruik te maak van sy eie bedryfs-, verskaffers- en diensdata. As die produsent ’n grond­ontleding- Shapefile na een van die grondontleders stuur wat in die More Tools- toepassing op sy Operations Center- platform verskyn, kan die resultate beskikbaar ge­­stel word aan ’n bewerkingsbeampte en ’n saadverskaffer. Sodra alles saam- gevoeg en ontleed is, kan ál die gege- wens oorgedra word na ’n produsent se planter sodat die werktuig gelei word oor hoe om die land ten beste te bewerk, wat- ter saad om te plant, op watter diepte en hoe ver uitmekaar. Die besparing aan brandstof, tyd, saad en verminderde verdigting wat met hierd- ie inligting bewerkstellig kan word, asook hoër opbrengste, gaan verander hoe Suid-Afrikaners boer. As gevolg van die voorafgaande ontwikkeling wat reeds in presisieboer­ dery gedoen is, het Senwes alreeds sy eie Presiesieboerderyafdeling met ‘n 24-uur hulplyn. Dit word vanaf Kleksdorp bestuur deur Etienne Nel en sy bekwame span van 10 mense. Hulle sal elke Senwes klant met John Deere presiesietoerusting 24 uur per dag, 365 dae per jaar kan bystaan. Geen probleem is te groot of te klein nie. Etienne Nel en sy span nooi julle hartlik uit om hulle te kontak oor nuwe en bestaande presisie­ boerderytoerusting. Skakel gerus ook enige van u Senwes Equipment werkswinkels vir die nuut- ste inligting en hulp. Etienne Nel: 018 464 7526 • 083 298 1553 HULPLYNNOMMER: 018 464 7550 • 018 464 7553 SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020 13