Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 14

Tema: INNOVASIE | INNOVATION Dataplatforms PRESISIEBOERDERY herdefinieer boerdery in SA Landbou-ondernemings sluit by Suid-Afrikaanse dataplatforms aan wat boerdery wil omvorm. John Deere het ’n platform ontwikkel waarmee derdepartyverskaffers van landboudienste, produsente met besluitneming help deur hul boerderydata te gebruik.  Gert la Grange Senwes Equipment:Tegniese Adviseur D anksy John Deere se data en insigte, asook kunsmatige intelligensie, kan landboudiens­ verskaffers doelgemaakte diens­te ontwikkel en lewer, pasgemaak vir elke plaas en landery. Om te verseker dat produsente die maksimum opbrengs uit hul werktuie kry deur tegnologie te gebruik, het John Deere die Operations Center-platform ontwikkel. Dié platform maak dit vir pro- dusente moontlik om enige landbouwerk- tuig se data met basiese leidings- en moniterings­pakkette van grondon- 12 tleders, kunsmis-, saad- en selfs finan- siëlediensteondernemings te kombineer. “Die vermoë om data van elke produsent se bedryfs- en verskaffingsnetwerk te vermeng, ontsluit vir die eerste keer die krag van kuns­matige intelligensie op Suid-Afrikaanse plase,” sê mnr. Wayne Spaumer, produkspesialis vir presisieland- bou in Afrika Suid van die Sahara by John Deere. Die impak van kunsmatige intelligensie vir individuele produsente wat betref ver- hoogde opbrengs, die drastiese besnoei- ing van koste en hoër inkomste per hek- taar, gaan “dit wat as moontlik en uitvoer- baar beskou word in die Suid-Afrikaanse landboube­dryf, herdefinieer”. Enige produsent kan, selfs met ’n ver- ouderde werktuig, ’n basiese leidings- en moniteringspakket by ’n bestaande werk- tuig of vloot voeg. Deur ’n StarFire™ 6000-ontvanger by te voeg, kan elke SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020 selfaangedrewe eenheid toegang kry tot die nuutste wêreldwye seinverwerkings­ tegnologie vir navigasiesatellietstelsels. Danksy die Universal™ 300-stuurstelsel, kan die operateur die voordele geniet van outomatiese aandrywing by werktuie wat nog nie selfaangedrewe is nie. Hoewel albei “vasskroefbare” presisie- begeleidingstegnologieë dadelik voordele kan bied wat verminderde brandstofver- bruik en tyd-, kunsmis- en saadkostebe- sparings betref, word dit nóg meer opwin- dend wanneer ’n 4240 GreenStar™ Universal Display bygevoeg word. Dit bied aan verouderde werktuie die vermoë om data wat tydens werksaamhede gedokumen- teer is, vas te vang en te laat saamsmelt.