Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 12

ALGEMEEN | GENERAL Kersboodskappe TERWYL EK HIER skryf, draai my gedagtes by ‘n paar plekke. Die Springbokspan het so pas die Rugby Wêreldbeker verower, nadat hulle verlede jaar nog beskou is as die sewende beste span in die wêreld. Landbou in Suid-Afrika is onder druk, ons sukkel met droogtes, praatjies deur politici van onteiening sonder vergoeding, bek- en-klouseer, die kosteknyptang en vele meer. Francois Strydom Danie Minnaar 2019 WAS, SOOS feitlik al die vorige jare, weereens ‘n uitdagen- de jaar met geweldige potensiaal. Hierdie jaar dink ek het ons baie naby aan die grootste wonderwerk gekom wat ek sekerlik in my 30 jaar in landbou gesien het. Die laat reën en die vermoë wat ons produsente gehad het om op so ‘n laat stadium sulke groot hektare te plant en nog steeds ‘n oes van by die 11 miljoen ton te produseer, was op sigself 'n wonderwerk. Hierdie kapasi­ teit neem ek as een van die grootste nasionale bates wat ons het en ons moet dit oppas, vertroetel en uitbou. Baie dankie in die eerste plek vir u besigheid, dit is altyd ‘n voor- reg. Senwes gaan oor sy kliënt en niks anders nie. Alles volg dan daarop. Daarom, baie dankie vir julle besigheid. Baie dankie dat ons die voorreg het om in julle huise te kan kom, in julle families. Ons loop al geslagte lank saam met ons boerekliënte. Natuurlik ook baie dankie aan ons kliënte in die verdere verwerkingsket- tings. Waardekettings moet nie onderling met mekaar stry en baklei nie - dit gaan juis oor die harmonie binne ‘n waardeketting sodat ons met die ingevoerde produk kan meeding. Die volgende jaar is vir ons ‘n uitdaging. Ons bid vir vroeë reën. Ons hoop saam met al ons kliënte dat ons ‘n geseënde jaar sal hê. Ek wens vir u hierdie Kersseisoen rus en vrede en hartlike, werklike samesyn met u gesinne toe. Dit is ‘n voorreg vir my om elkeen van u te ken en op ‘n daaglikse basis interaksie te hê. Baie dankie daavoor. Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwe jaar. Vriendelike groete van die Senwesspan. Francois Strydom Senwes HUB 10 SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020 Dit voel of landbou nie eens die top 10 beroepe ooit weer sal haal nie. Wat kan ons doen om van landbou weer ‘n aantreklike beroep te maak? Ek dink elke boer moet gaan kyk na sy hulp- bronne en besluit wat is die beste wat hy daarmee kan doen. Moenie dit wat jy die afgelope 20 jaar gedoen het, bly doen en dink die uitkoms gaan anders wees nie. Rassie het met dieself- de spelers wat in die sewende plek op die wêreldranglys was, die wêreldbeker gewen. Miskien moet ek minder kontantgewasse plant en meer aange- plante weiding, dalk moet ek ander gewasse plant, dalk moet ek die geenbewerkingsroete volg of dalk moet ek my lande ‘n slag ordentlik bewerk. Dalk moet ek my boerdery bietjie afskaal en my skuld verminder. Ons as Christene weet waar ons krag en wysheid kry om die regte besluite te neem. In Handelinge 1:8 staan: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal my getuies wees in Jerusalem, sowel as die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Die krag wat ons van God ontvang, kan nie opraak nie. Deur Jesus se kruisdood sal ons altyd krag hê, ons ontvang dit ver- niet, ons kan aanhou planne maak, Hy gee nuwe krag vir weer probeer. Jesus gee ons ook krag om Sy getuies te wees. Ons kan van- dag bely dat ons die afgelope seisoen ‘n wonderwerk gesien het. Die meeste van Suid-Afrika se mielies is eers in Januarie geplant en ons het nog ‘n bo-gemiddelde oes gehad, as gevolg van goeie reën en die ryp wat weggebly het. My bede vir elke produsent is dat jy krag en wysheid sal ont- vang om die regte besluite te neem. Mag dit ‘n nat seisoen wees wat voorlê en geniet u gesin in hierdie Kerstyd wat voorlê. Onthou dat God se krag nie opraak nie. Danie Minnaar Senwes Voorsitter