Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 6

Tema: NUUS| NEWS PRESISIEBOERDERY PITKOS VIR PRODUSENTE TYDENS 16DE SENWES TOEKOMSFOKUS Senwes Toekomsfokus GROOT 5 van landbou in die kollig Honderde produsente het op 29 Oktober op Nampo Park toegesak vir die immergewilde Senwes Toekomsfokusdag wat in samewerking met Agri NW, Vrystaat Landbou en Graan SA, met OFM as mediaborg, aangebied is. Die aksiebelaaide dag het gefokus op die GROOT 5 van landbou. Vyf aspekte wat die moderne produsent in sy besigheid moet inkorporeer ten einde produktief, effektief en winsgewend te boer.  Johan Le Grange Bestuurder: Senwes Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie D s Laurie Naudé van NG Kerk Meyerhof in Bothaville het die dag geopen met die teksvers Jesaja 43:1 “Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne”, met die boodskap dat produsente hul getuienis as gelowiges met hoop moet gaan uitboer en uitleef, maak nie saak of dit min reën of die prys sleg is nie, elkeen moet groei waar hy/sy geplant is. Senwes Hoof Uitvoerende Beampte, Francois Strydom, se boodskap aan produsente was dat ons in die wegspring- blokke van ‘n plantseisoen staan en dat die voorbereiding so goed as moontlik kan wees, maar as ons nie opdaag op die dag en die omstandighede hanteer wat ons te beurt val nie, kan ons nie suksesvol wees nie. Die tafel in aanloop tot die dag was gedek met die vraag: “Gebruik jy nog 4 ou boerderymetodes, of sukkel jy met finansiële beplanning of boerderyskuld terwyl jy nie byhou met tegnologiese uit- breidings nie? Vandaar die fokus op dié 5 kernaspekte, die GROOT 5 van landbou, wat insluit: (1) strategie, (2) menslike hulp- bronne, (3) bestuursinligtingstelsels, (4) vennootskappe en (5) finansies. Jaco Minnaar, Graan SA voorsitter en nie-uitvoerende direkteur van Senwes, het die dag gefasiliteer en sy kennis aangaande die 5 kernaspekte met pro- dusente gedeel. “Die produsent wat fokus op die geleenthede is die een wat vooruit- gang sal ervaar. Dit gaan nie noodwendig oor groter boer nie, maar oor beter boer.” Jaco stel verder dat: “Meetbare doelwitte en bakens bepaal waarheen jy wil gaan. Strategie stel jou roete voor met hoogte- en laagtepunte. Die hulpbronne stel jou voertuig vir dié roete voor terwyl jou bestuursinligtingstelsels die GPS op jou pad is en as roeteaanwyser dien. Vennote is jou passasiers en maak die pad vir jou korter en laastens is jou finansiële bestuur SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020 bepalend tot hoe ver jy op die pad is en dien dit ook as jou meetinstrument.” Senwes het dus by ‘n paar ervare produsente in die Noordwes en Vrystaat gaan aanklop ten einde beter te verstaan hoe hulle een of meer van dié aspekte in hul boerdery benader. Die eerste stop was by Sakkie van Zyl, voorsitter van die Rooivleis Produsente Organisasie, op die plaas Rietfontein, waar hy ‘n holis- tiese oorsig oor die 5 aspekte gegee het. Sakkie se uitkyk is: “Strategie is jou pad- kaart na jou visie en die doelwitte wat jy moet bereik dien as bakens op dié pad. ‘n Uitdaging is om die visie op grondvlak te verduidelik sodat daar verstaan kan word hoekom jy doen wat jy doen. Verder is dit nie net belangrik om ʼn goeie vennoot vir jou besigheid te vind nie, maar ook om ʼn goeie vennoot te wees. Ten einde suksesvol te wees, moet jou fondasie reg wees en dan moet jy kan vasbyt en deur- settingsvermoë hê.” Vandaar ‘n verdere stop by AC van 06