Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 50
MARKETS | MARKTE
Die impak van
laergraadlewerings
op plaaslike pryse
Die 2019 seisoen is gekenmerk deur ’n hoër as normale hoeveelheid lewerings van laer
grade mielies. Veral witmielies in die Wes-Vrystaat, waar aanplantings laat was, het groot
hoeveelhede mielies van ’n laer graad opgelewer. Meulenaars wil weens verkleuring nie die
laer graad witmielies maal vir meel nie – hierdie mielies word tradisioneel na die voermark
verskuif.
Hansie Swanepoel
Senwes Markanalis
LEWERINGS VIR DIE 2019 SEISOEN
D
aar is in die 2019 seisoen meer
as 600 000 ton se laer graad wit-
mielies gelewer. Dit is sowat 13%
van die totale witmielielewerings, teen
oor die normale laergraadlewerings van
ongeveer 5%.
Saam met die 600 000 ton wat hier
die seisoen gelewer is, is daar ’n groot
hoeveelheid laergraadtonne wat van die
vorige seisoen oorgedra is. Volgens die
Witmielies
NAMC (https://www.namc.co.za/category/
research-publications/supply-demand-esti-
mates/) is die verwagte eindvoorraad 1.14
miljoen ton WM en 558 000 ton GM.
Daar word verder verwag dat geel
mielie-invoere moet plaasvind om die
balansstaat te balanseer.
EFFEK
Met die heersende hoë premies in die
gewone mark, vloei die laer grade na die
voermark. Die laer grade witmielies word
vanaf die geelmielieprys, met ’n verdere
diskonto geprys.
Die effek hiervan is dat die WM2’s heel-
WM1 WM 1% WM2 WM 2% WM3
2006/07 2 724 000 61.95% 1 010 000 22.97% 280 000
2007/08 3 973 000 91.93% 101 000 2.34% 2008/09 7 050 000 98.07% 32 000 0.45% 2009/10 6 534 00 96.99% 169 000 2010/11 6 748 00 90.24% 2011/12 5 556 00 2012/13 WMU/WMO WM % TOTAAL
6.37% 14 000 0.32% 4 397 000
41 000 0.95% 9 0000 0.21% 4 322 000
3 000 0.04% 1 000 0.01% 7 189 000
2.51% 21 000 0.31% 3 000 0.04% 6 737 000
650 000 8.65% 81 000 1.08% 3 000 0.04% 7 518 000
91.26% 479 000 7.87% 45 000 0.74% 3 000 0.05% 6 088 000
6 777 832 98.51% 76 645 1.11% 22 192 0.32% 3 468 0.05% 6 880 137
2013/14 5 175 828 96.89% 148 140 2.77% 17 516 0.33% 720 0.01% 5 342 204
2014/15 7 197 628 94.79% 334 739 4.41% 59 436 0.78% 1 090 0.01% 7 592 893
2015/16 4 669 581 97.12% 129 822 2.70% 8 324 0.17% 552 0.01% 4 808 279
2016/17 3 372 756 94.96% 151 147 4.26% 24 950 0.70% 2 969 0.08% 3 551 822
2017/18 8 988 829 96.98% 252 751 2.73% 16 327 0.18% 10 773 0.12% 9 268 680
2018/19 5 754 962 91.55% 467 199 7.43% 56 635 0.90% 7 389 0.12% 6 286 185
2019/20 4 440 193 87.36% 450 263 8.86% 151 187% 2.97% 41 055 0.81% 5 082 698
*Syfers sluit nie vroeë lewerings in van Maart tot April 2019
48
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020
WM 3%
wat goedkoper as gewone eerstegraad
geelmielies is. Groot hoeveelhede witmie
lies kan as gevolg hiervan na die voer-
mark gaan, wat die verdere invoere van
geelmielies onnodig maak.
Die witmieliebalansstaat is nie tans op
risiko nie – daar behoort genoeg voorraad
te wees om aan die vraag te voldoen.
Indien die laer grade egter in ag geneem
word, krimp die beskikbaarheid van hoë
kwaliteit witmielies aansienlik. Indien
genoeg witmielies gevoer word sodat die
eindvoorraad tot onder 1 miljoen ton daal,
kan pryse op die beurs reageer en nie net
op premies nie.
OPSOMMEND
Op die oog af is daar
genoegsame voorraad van
beide wit- en geelmielies
beskikbaar. Die situasie kan
egter vinnig verander, met
’n groot hoeveelheid witmiel-
ievoorraad wat ’n lae graad is.
Hierdie relatiewe skaars
heid van voorraad behoort
ondersteuning aan premies
en pryse te bied. Om geleent
hede in die mark te benut,
skakel gerus u Senwes make-
laar of graanbemarker.