Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 4
ALGEMEEN | GENERAL
Redaksiebrief
Voorwaarts, mars na
2020 en die toekoms in!
T
oe ek grootgeword het, het ons die televisieprogram
‘Beyond 2000’ gekyk, wat ’n blik of idee van die toe-
koms verskaf het. Volgende jaar is 2020 reeds hier en
daarmee saam bevind ons onsself ook midde-in die
vierde industriële revolusie.
Dit was Admiraal Grace Hopper, ’n rekenaarwetenskaplike, wat
gesê het: “Mense is allergies vir verandering. Hulle hou daarvan
om te sê: Ons het dit nog altyd so gedoen.”
Ons is tans in ’n tydperk waarin ons nie altyd kan aanhou om op
dieselfde aambeeld hamer nie. ’n Swaar metaalblok is onwrik-
baar en glad nie grondverskuiwend nie. Dit is dieselfde om jou
kop in die sand te druk as besluite geneem moet word, of in der
waarheid met oogklappe aan te bly lewe.
Ons lewe in ’n tydperk waarin ons amper elke minuut of daag-
liks nuwe grond moet breek om die toon aan te gee. Die ander
opsie is natuurlik om te sien hoe dinge uitspeel. Maar dan sit jy
met die risiko om die leiding te verloor en glo dit of nie, af te sak
tot aan die heel onderkant.
Daag dinge uit, dink grondverskuiwend, doen dinge met oorleg
anders. Raak ontslae van die allergiese reaksie vir verandering
en bou aan ’n nuwe DNA wat ons nageslagte vir lank nog gaan
bybly. Kom ons bou saam aan die toekoms wat teen die spoed
van witlig besig is om te verander.
Toekomsgroete
COLUMN | RUBRIEK
Uit die Woord
Dans deur verandering…
Lees: Filippense 3:3-11
Ds. Willie Botha
EEN VAN DIE mooiste beelde van ons tyd in veranderingsbestuur
is “dans”. Tydens ’n dans gee musiek die pas aan, dit bepaal onder
meer die tempo, ritme, beweging en aard van die dans. Die geheim
lê daarin om saam met die musiek te beweeg. Nog ’n treffende
metafoor vir verandering is die see teenoor die land. Waar die
land stabiel is, wissel die oppervlak van die see elke dag. Vir die
skeepskaptein en die seiljagvaarder is die veranderende weer en
see lewensbelangrik. In sy boek “Soul Tsunami”, beskryf Leonard
Sweet die eise wat die kontemporêre leefstyl aan jou stel met ’n
tsunami. Die skade wat die tsunami’s van 26 Desember 2004 en 11
Maart 2011 aangerig het, is nog vars in baie van ons geheues.
Die meeste sal saamstem dat elke dag ons soos ’n tsunami tref.
Dit kan maklik ’n gevoel van onbekwaamheid, magteloosheid en
gebrek aan beheer by ons skep. Daar is soveel veranderlikes om
mee rekening te hou: brandstof- en kunsmispryse, die verandering
in die markte. Voeg daarby die veranderende reënpatrone. Ek is
bewus van plekke in die Oos-Kaap waar daar reeds vir 6 jaar gevo-
er word. Indien klimaat as die gemiddelde weer oor 30 jaar beskou
word, is die implikasie inderdaad dat die klimaat in daardie area
verander het.
Een van die belangrikste dinge wat ons kan doen is om ons hou
ding teenoor verandering te verander. In plaas daarvan om veran-
dering as ’n bedreiging te sien, kan ons dit eerder as die normale
sien. Iets wat jy elke dag soos die skeepskaptein gewoond moet
raak. Dit is deel van landbou en dit is deel van die werk. ’n Tweede
belangrike kopskuif kan wees om te besef dat elke verandering
heel moontlik ’n nuwe nis oopmaak. ’n Ander geleentheid wag net
om deur jou ontdek te word. Dit is ’n vaardigheid waaroor entre-
preneurs by uitstek beskik. Lees en wees op hoogte van sake oor
’n breë terrein. Kennis stel jou in staat om oor ’n breër spektrum te
integreer.
Die belangrikste bate tydens verandering is egter om van die één
saak seker te wees wat nie verander nie. God se liefde, Sy Gees se
werking, Sy vergifnis. Sy troue teenwoordigheid in droogte en ander
moeilike omstandighede is konstantes wat dit vir ons makliker maak
om te verander en aan te pas. Ek is daarvan oortuig dat die Heilige
Gees ook ’n enorme bron van kreatiwiteit is.
In Filippense 3 lees ons hoe Paulus deur God verander is. Van ’n
fanatiese Fariseër tot die belydenis dat sy vroeëre lewe vir hom
geen waarde meer inhou nie. Om Christus te ken, oortref alles in
waarde. Maak seker dat jy in ’n seisoen van verandering aan boord
met Christus is. Hy is nie net die bron van ons hoop nie, maar
ook die bron van ’n brein wat verandering kan inisieer, hanteer en
bestuur.
2
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020