Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 32
JAG | HUNTING
Hoe kan TEGNOLOGIE
my skiet verbeter?
Elke dag is tegnologie besig om die wêreld om ons te verander. Ook in gewere en hul kom-
ponente is tegnologie daagliks besig om die sport te verbeter. Die ongelooflike lang skote
en die baie klein groeperings wat deesdae die norm is, is die bewys van die tegnologiese
vordering in die sport.
Deur Jan-Lodewyk Serfontein
Verkoopsklerk: Hinterland Wapens,
Kroonstad en Jagkenner
A
s ons na ’n geweer se werking
en sy styl kyk, het nie baie oor
die laaste 50 jaar verander
nie, maar wel baie verbeter. ’n
Geweer is nog steeds ’n stuk gereedskap
met onder andere ’n aksie, ’n loop, ’n kolf
en ’n visier. Tegnologie het gehelp dat
ons sterker aksies, akkurater lope, meer
30
konstante ontbranding en beter koeëls het
as 50 jaar gelede. Gelukkig is dit nie die
enigste verbetering wat plaasgevind het
die laaste klompie jare nie.
Van die grootste verbeterings wat
ons oor die jare gesien het, is sekerlik
ten opsigte van ons optiese produkte.
Teleskope se vergroting en lense het baie
verbeter. Hulle werking en ekstra funksies
het ook baie verbeter oor die jare.
Die ander optiese produk wat jag vir
ons baie makliker gemaak het, is die
toetrede van afstandmeters tot die mark.
Afstandmeters help ons om die presiese
afstand wat ons wil skiet, te kan bepaal.
Aangesien ’n projektiel se kurwe oor
300 m tot soveel as 60 cm kan verskil, is
die afstand wat ons wil skiet baie belang
rik. ’n Ander baie handige toestel wat
deesdae baie gebruik word, is ’n spoed-
meter of chronograaf. Aangesien ons die
spoed van ’n koeël kan bepaal, kan ons
die trajek van die spesifieke koeël ook
bepaal.
Maar die een stukkie tegnologie wat
moontlik die grootste verbetering in skiet
SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE • TECHNOLOGY & INNOVATION 2018