Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 15

PRODUCER FOCUS | PRODUSENTFOKUS Irma de Villiers en Raymund de Villiers met die trofee wat hul kampioenbul ingepalm het. By hulle staan, Phillip Lee van Hinterland. bulle nie. Ace is een van min bulle binne sy enorme vleiskapasiteit wat glad nie oorvet was nie. Dit is die ding wat hom deurgedra het. Hy is verseker ‘n bul wat sterk bespie­ ring getoon het en een van die wat die meeste vleis gedra het. Raymund voeg by: “Ek het daar wel iets reg gedoen.” Die vinnige roem was ook op sosiale media, waar hy sommer binne ‘n kort tydjie baie vriendskapsversoeke op Facebook ontvang het – “Dit is nogal skrikwekkend hoeveel mense my nou ken!” Hy is ook in Senweskringe bekend as ‘n Senwes Credit en Certisure kliënt. Die titel is ook nie net vir hom nie. Die Hinterland Nasionale Interras Bulkampioenprys maak deure oop vir die bedryf en maak dat ‘n mens weer lus raak vir skou en bring prestige weer terug na skoue. Maar met vier spruite, Lizette, Pieter, Almiré en Ray, is dit tans net Almiré wat lyk of sy in pa se voetspore sal volg aan­ gesien sy baie betrokke by jeugskoue is. Sy raad aan ander telers is om net lief te wees vir dit wat jy doen. As jy hou van die bees waarmee jy teel, sal jy ‘n sukses daarvan maak. Maar waarheen nou? “As ek eendag ook die Hinterland Nasionale Interras Koeikampioenskap kan inpalm, sal ek regtig bly wees.” Baie geluk met dié GRÓÓT titel Raymund! Senwes Scenario is saam met jou bly. Teel so voort! SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE • TECHNOLOGY & INNOVATION 2018 13