Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 8

Theme: ch Te nology LANDBOUKUNDIG Toekomstige ontwikkeling in Landboutegnologie Hoe dra die Internet van Dinge (IOT) by tot die gebruik van Slimlandbou en hoe vertoon dit in die werklikheid?  Deur Petrus van Staden Senwes Senior Agronoom en Martin van Zyl Senwes Groepbestuurder: Innovasie en Geïntegreerde Oplossings D ie Internet van Dinge (The Internet of Things) - (IoT) groei teen 'n verstommende tempo en toestelle het feitlik elke aspek van ons lewens geïnfiltreer. Dit wissel vanaf gesondheids- en fikshe- idstoestelle wat algemeen in gebruik is, tot futuristiese 'slim stede' (munisipaliteite wat inligting en kommunikasietegnologie ge­bruik om inligting met die publiek te deel en die kwaliteit van regeringsdienste en die welstand van inwoners te verbeter), waar 06 vullisverwydering geoutomatiseer is en rioolblokkasies deur sensors geïdentifiseer word en met sagteware opgelos word. Slimlandbou IoT, sowel as industriële IoT in die algemeen, is nie so gewild soos verbruikergekoppelde toestelle nie, maar die mark is steeds uiters dinamies. Die doelwit is om feitlik elke faset van pro- duksie en bestuur te verbeter ten einde uiteindelik hoër inkomste te genereer. Selfbestuurde trekkers en robotimple- mente is nie meer wetenskapfiksie nie, maar word alledaags gebruik. Die gebruik van IoT oplossings vir landbou groei deurlopend. Besigheids­ intelligensie voorspel dat die aantal IoT toestelle wat in landbou geïnstalleer word, 75 miljoen sal bereik teen 2020, en met sowat 20% per jaar sal groei. Die wêreld SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE 2018 slimlandboumark sal na verwagting ook verdriedubbel teen 2025. Slimlandbou word meestal gebruik om die toepassing van IoT oplossings in landbou aan te dui. Dieselfde is van toe- passing op die definisie van slimlandbou. Hoe lyk die toepassing werklik? KLIMAATSMONITERING Weerstasies is waarskynlik die mees gewilde slimlandboutoestel en kombineer verskeie slimlandbousensors. Tegnologie maak dit maklik en bekostigbaar om sta- sies regoor lande, plase of kweekhuise te plaas om data te versamel wat gebruik kan word om klimaatstoestande te karteer, toepaslike gewasse te kies en om die