Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 35

GRAANMAKELAARS Tabel 1: El Niño en La Niña jare klassifisering La Niña El Niño Weak (0.5 to 1°C) Moderate (1 to 1.5°C) Strong Very Strong Weak Moderate (1.5 to 2°C) (>2°C) (-0.5 to -1°C) (-1 to -1.5°C) 1952-1953 1951-1952 1957-1958 1982-1983 1954-1955 1955-1956 1973-1974 1958-1959 1968-1969 1972-1973 2015-2016 1971-1972 1995-1996 1988-1989 1953-1954 1969-1970 1976-1977 1977-1978 1979-1980 2004-2005 1963-1964 1986-1987 1994-1995 2002-2003 1965-1966 1987-1988 1997-1998 1991-1992 2009-2010 2014-2015 1964-1965 1974-1975 1983-1984 1970-1971 2011-2012 1984-1985 2008-2009 2016-2017 1975-1976 1998-1999 1999-2000 2007-2008 2000-2001 2005-2006 Strong (<-1.5°C) 2010-2011 ` 2017-2018 Bron: GG Weather Figuur 1: SOI-waardes Figuur 2: Oceanic Niño Indeks (ONI). klassifikasie maak dit moontlik om vorige seisoene beter in te deel volgens die tipe seisoen wat ervaar is, soos opgesom in Tabel 1. Teen hierdie agtergrond word dit dan Bron: The Long paddock Bron: GG Weather moontlik om ʼn verwagting vir die nuwe seisoen te skep op grond van verskeie modelle wat die ontwikkeling in see-op- pervlaktemperature projekteer. Die gemiddelde verwagte see-opper- vlaktemperatuur wat tans geprojekteer word, dui daarop dat dit na raming sowat 0.8° Celsius warmer as normaal kan wees vanaf November tot Februarie. Per defi- nisie dui hierdie verwagting op ʼn swak El Niño gebeurtenis en die waarskynlikheid van die gebeurtenis word geraam op 70%. Daar is egter wel ‘n buiteperd om in ag te neem tydens enige oorweging wat seisoenale klimaatsverwagting en gepaardgaande reënval insluit. Hierdie aspek is die ontstaan en ontwikkeling van tropiese siklone wat bekend is daar- voor dat hulle vog oor die binneland van Suid-Afrika uittrek en die kanse vir reën negatief beïnvloed. Die oorsaak en meting vir die ontstaan van hierdie verskynsels word aangedui deur die Oos-Indiese Dipool (OID). Indien die OID-waarde positief word, dui dit op warmer as nor- male see-oppervlaktemperature langs die ooskus van Afrika. Hierdie scenario veroor­saak verhoogde verdamping wat vog oor die land intrek, waarna hierdie vog weer oor die Indiese Oseaan uitreën. Die waarde vir die OID is tans positief, maar die projeksies vir die OID-waarde tydens Januarie en Maart 2019 blyk neu- traal te wees, wat daarop dui dat tropiese siklone waarskynlik nie ‘n bedreiging vir reënval sal inhou tydens die kritiese be­­ stuiwingsperiode nie. Om saam te vat - hierdie artikel het nie ten doel om ʼn voorspelling te maak vir die 2018-19 seisoen ten opsigte van reën- verwagting nie. Die inligting hierin vervat is gebaseer op werklike historiese reali­ sa­sies van weerverskynsels en getoetste modelle oor tyd. Die afleiding wat uit die verwagtings gemaak kan word, is dat die 2018-19 produksieseisoen waarskyn­ lik gekenmerk sal word as ʼn swak El Niño seisoen. Dit bly egter belangrik om hierdie verwagting in konteks te evalueer deur te kyk na die impak van ʼn El Niño gebeur­tenis op opbrengs oor tyd. Hierdie opbrengsverwagting kan verder gekoppel word aan reënvalrealisasie tydens soort- gelyke produksieseisoene in die Senwes gebied. In die volgende artikel sal daar spesifiek gekyk word na die impak van ‘n swak El Niño gebeurtenis. SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE 2018 33