Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 34

GRAANMAKELAARS El Niño Wat word verwag en wat wys vorige seisoene? El Niño is die afgelope tyd, met die aanvang van die nuwe seisoen, weer ’n algemene gesprekaanknopingspunt wanneer prysvormingsverwagtinge bespreek word.  Deur Frans Dreyer Bestuurder: Senwes Graanmakelaars D ie waarskynlikheid van ʼn El Niño verskynsel word tans (begin November 2018) geraam op ten minste 70% vanaf November 2018 tot Maart 2019. Die eerste gedagte wat by meeste rolspelers ontstaan, is die impak wat die verskynsel tydens die 2015-2016 seisoen gehad het op reënval en gevolglike swak opbrengs- realisasie. Hierdie potensiële realiteit het ons genoop om die ENSO (El Niño Southern Oscillation) verskynsel in perspektief te beoordeel deur te kyk na die impak daarvan op die sentrale en westelike produk­siegebied. As deel van die bespre- king is dit egter sinvol om net weer te gaan kyk na die basiese agtergrond tot die verskynsel en hoe die bepaling daarvan plaasvind. Hierdie artikel fokus dienooreenkoms­tig op die agtergrond wat die basis sal vorm vir opvolgartikels oor die intensiteit van die ENSO-verskynsel en die impak daarvan op die sentrale en westelike produksiegebied. El Niño en La Niña verskynsels is natuur­like globale weerverskynsels. Hulle ontstaan in die Stille Oseaan wanneer die atmosferiese druk tussen die eiland Tahiti en Darwin (Noord-Australië) wissel. Die 32 meting van die verskil in atmosferiese druk tussen die twee verwysingspunte word gedoen deur middel van die SOI (Southern Oscillation Index). Die verskil in lugdruk veroorsaak dan dat passaatwinde (trade winds) wat normaalweg van die ooste na die weste oor die Stille Oseaan waai, nie meer hierdie patroon volg nie. Tydens ʼn El Niño-verskynsel verander die lugdruk sodanig dat passaatwinde verswak of selfs van rigting verander, wat veroorsaak dat warmer as normale see-oppervlak- temperature voorkom oor die sentrale en oostelike tropiese Stille Oseaan. Hierdie verskynsel gaan gepaard met ʼn verhoogde kans op onder-normale reënval oor die westelike dele van Suid-Afrika en veral die binneland van Oos-Australië. Die teen­ oorstaande verskynsel genaamd La Niña, gaan egter gepaard met bo-gemiddeld sterk passaatwinde wat warmer as normale see-oppervlaktemperature veroorsaak oor die noordelike dele van Australië met ʼn verhoogde kans op bo-normale reënval oor Australië en Suid-Afrika. Navorsing oor tyd het sodanig ontwik- kel dat verskeie modelle geïmplementeer kan word in ʼn poging om die waarskyn­ likheid dat hetsy ʼn El Niño of La Niña verskynsel sal ontwikkel, te bepaal. Die eerste aanduiding van die ontwikkeling van die verskynsels is gewoonlik die verandering in SOI-waardes. Indien die SOI vir ʼn verlengde tydperk waardes SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE 2018 gro­ter as +7 aanneem, verhoog die waarskyn­likheid van ʼn La Niña (natter produksieseisoen). Die teenoorstaande El Niño (droër produksieseisoen) verskynsel se waarskynlikheid verhoog egter indien SOI-waardes kleiner as -7 raak vir ʼn ver- lengde tydsperiode. Die SOI-data vir die afgelope drie seisoene word grafies in Figuur 1 voorgestel: Die waarskynlikheid van hetsy ʼn El Niño of La Niña verskynsel op grond van SOI-syfers, word bevestig deur die meet van see-oppervlaktemperature in die Nino 3.4 gebied waarna hierdie temperature vergelyk word met die langtermyn gemid- delde temperatuur. Hierdie see-oppervlaktemperature word as ʼn norm uitgedruk deur middel van maandelikse Oceanic Niño Indeks (ONI) waardes. Elke maandelikse ONI- waarde is die 3-maande gemiddeld van die see-oppervlaktemperatuur in die Niño 3.4 gebied. Indien daar 5 aaneen- lopende ONI-waardes is wat warmer as 0.5° Celsius is, word ʼn El Niño verskynsel geïdentifiseer, maar indien die ONI- waardes vir 5 aaneenlopende maande koeler is as -0.5° Celsius, word ʼn La Niña verskynsel geïdentifiseer. Hierdie waardes is wel ook oor tyd verder geklassifiseer om die verwagte intensiteit van ʼn El Niño of La Niña verskynsel aan te dui. Die ver- deling word gemaak in 0.5° Celsius inter- valle soos aangedui in Figuur 2. Hierdie