Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 30

LANDBOUKUNDIG Wettige watergebruik Die Nasionale Wet, Wet 36 van 1998, vereis dat alle watergebruik gemonitor moet word, hetsy deur ‘n lisensie of in terme van Artikel 35 (4).  Deur Juan Booysen Hinterland: Besproeiingshoof O m water wettig te gebruik, word die ondersoek geloods om te kyk of enige watergebruik geregistreer is/was op die plaas. Indien enige watergebruik geregistreer was/is, moet ons kyk of Artikel 35 (1) uitgereik is. Die Artikel bevestig of die water wat geregistreer is, wettig gebruik is in die tydperk 1996-1998. Sodra die Artikel geteken en teruggestuur is aan die Departement van Water en Sanitasie, stuur die Departement ’n Artikel 35 (4) wat bevestig dat die watergebruik wettig is. Indien die klant nie saamstem met Artikel 35 (1) se bevinding, moet hy bewyse verskaf van wettige watergebruik in die tydperk 1996-1998. Daar is baie historiese bewyse van watergebruik. Indien geen watergebruik geregistreer is nie, moet aansoek gedoen word vir ’n lisensie. In Maart 2017 is ’n nuwe regulasie uitgereik wat verkrygbaar is op die webtuiste van die Department van Water en Sanitasie. Voor uitreiking is die aansoeke saamgestel en ingedien. Daar word nou gebruik gemaak van 28 e-Wula, Electronic Water Use Licence Application. Die hoeveelheid water wat goedgekeur word, word bepaal deur die opvangsgebied. Dit is van toepassing op rivieronttrekking. Indien water vanuit ’n boorgat onttrek word, moet ’n geo- hidrouliese studie gedoen word om hervulling van ondergrondse bronne te bepaal. Boorgate moet op 48 of 72 uur toetse getoets word om hervulling te bevestig. Dié toetse verseker dat boorgate die water kan lewer sonder dat die bron uitgeput raak. Die toetse bepaal hoeveel water onttrek en hoeveel hektaar besproei kan word. Die aanbeveling is om ontwikkeling deur ’n besproeiingsingenieur te laat ontwerp om die water optimaal te benut. Die ingenieur sal die gewas se waterbehoefte bepaal deur middel van SAPWAT. Hierdie program sal die waterbehoefte bevestig en effektiewe besproeiingsmetodes aanbeveel. Damme kan gebou word vir besproeiing maar moet geregistreer word en toestemming moet verkry word. Vloeimeters is ’n vereiste en verskaf ‘n bestuursmiddel om die water te monitor. Indien walle in riviere gebou word, moet ’n deeglike studie gedoen word SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE 2018 rakende die impak op die omgewing, bio-diversiteit, ens. Die Departement van Water en Sanitasie het die reg om enige onwettige wal af te breek en die klant sal verantwoordelik wees vir rehabilitasie en koste om dit af te breek. Die aanbeveling sal wees om te konsulteer met konsultante en ’n omgewingsimpakstudie te doen. Die toets van water, uit riviere of boorgate, is van kardinale belang. Mense dink water kan nie ondergronds besoedel word nie, maar dit is nie korrek nie. Indien daar ’n “french drain” naby ’n boorgat is, kan dit besoedel word. Enige vloeistof syfer deur grond en sodoende word water besoedel. Chemikalieë, kunsmis, ensovoorts word versprei deur reën en wind en sodoende word riviere, damme en waterbronne besoedel. Indien maatreëls en ’n omgewingsbestuursplan nie in plek is, kan dit die aansoek om lisensiëring beïnvloed. Moniteringstelsels is wettig en is ’n goeie bestuursmiddel vir die boer om sy watergebruik te monitor. Met monitering kan vinnig agtergekom word wanneer water gemors word. Monitering kan geoudit word en daar kan bepaal word of die kwotas wat toegestaan is, die kwotas is wat gebruik kan word. Indien die wet nie nagekom word nie, kan direktiewe uitgereik word wat kan lei tot die onttrekking van die watergebruiks­ reg en boetes is astronomies. Die aan­ be­veling is om alle watergebruik te registreer. Indien watergebruikers gehoor gee sal daar kontinuïteit van water­ verskaffing wees. Geen uitkoms hoef aanvaar te word nie - daar is ’nn appèlhof waar aansoek om appèl aangeteken kan word. Lees die volledige artikel oor watergebruik by die skakel http://fwd2.co/water18 of skandeer die QR-kode.