Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 28

DIGITAAL NUUS Senwes Equipment en John Deere DIGITALE MEDIA Is ons al daar? Deur Johan Le Grange Digitale Inhoudspesialis A s jy graag in pas wil bly en jou vinger op die pols wil hou van wat in die wêreld van land- bou en die Senwes Groep per se aangaan, moet jy beslis op ons nuusbriewe inteken. Daar is 'n paar wat reeds 'n groot aantal intekenaars het en dit is ons werk om seker te maak dat jy weet wanneer om waar te wees ten einde te baat uit al die nuusbriewe. Die eerste een wat 'n absolute moet is, is die nuu- tontwerpte eScenario. Hierdie nuusbrief, wat voorheen tweemaandeliks uitgestuur is, het nou verander in 'n weeklikse opdatering van wat in die sektor gebeur. Dit word elke Vrydag aan intekenaars gestuur en is kort, op die punt af en volgeprop met die nuutste artikels wat ook in die gedrukte weergawe van die Senwes Scenario verskyn. Dit is ook die maatskappy se belangrikste voertuig waardeur belangrike nuus aan ons klante en rolspelers in die sektor gebring word. Tweede op die lys is die Hinterland Promosies e-posnuus, wat nuus versprei oor ongelooflike spesi- ale aanbiedings en winskopies ten opsigte van 'n wye reeks produkte wat insluit Dieresorg, DIY, Kampeer- en Buitemuurse toerusting, Wapens en Ammunisie, Klere en Skoene, Tuin, Swembad en Patio, Besproeiing en Huishoudelik. Dit word aan die begin van elke maand aan intekenaars gestuur. Derdens beveel ons aan dat jy inteken op die nuus- brief wat alle inligting oor die maatskappy se resul- tate bevat. Dit bevat al die korporatiewe verslae van Senwes en Senwesbel, sowel as kennisgewings van die algemene jaarvergaderings. Om te sien op watter nuusbriewe jy tans ingeteken is of om op enige van bogen- oemde in te teken, besoek gerus http://sen- wes.co/sub of skandeer die QR-kode. 26 Nóg ‘n tevrede klant! Op Woensdag, 24 Oktober 2018, het Senwes Equipment en John Deere nog 'n klant gelukkig gemaak. Die keer is die John Deere 4030R spuit met 36 meter “boom” by JP Meintjies se plaas, te Kruispan Boerdery, in die Viljoenskroon-omgewing afgelewer. Sterkte met die nuwe John Deere en ook met die nuwe plantseisoen wat op hande is. Op die foto is JP Meintjies (middel met donkerblou hemp) saam met personeel van Senwes Credit, Senwes Equipment, Senwes Grainlink, Senwes Innovasie, sowel as Hinterland, John Deere en Wesbank. * Indien daar nuwe John Deere toerusting by jou plaas afgelewer word of jy weet van aflewerings in jou gebied, stuur asseblief foto’s en inligting soos die naam van die produsent, die boerdery se naam, die omgewing asook die datum van aflewering en modelle wat afgelewer is. Senwes 110 – Vertel jou storie aan Senwes Scenario! Senwes is een van die oudste landboumaatskappye in Suid-Afrika en word 110 jaar oud op 15 Mei 2019. Binne ons 110-jaar geskiedenis is daar talle suksesstories van produsente, plaaswerkers, ander land- bou-instansies en talle ander. Ons by Senwes Scenario wil graag jul stories hoor - so vertel ons iets unieks van jul boerdery, die personeel en dalk vier julle ook groot myl- pale in 2019. Wat maak julle anders en watter juwele is in jul ge­skie- denis versteek? Stuur dan die skrywe van 110 woorde aan Aubrey. [email protected] vir plasing in een van die ses 110-jaar viering uitgawes van Senwes Scenario in 2019. En wie weet, dalk maak ons nog ‘n draai en skryf ‘n bietjie meer daaroor en neem ‘n paar kiekies. Ons hoor graag van julle! SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE 2018