Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 20
NUUS
Klink ’n glasie op
garsprodusente
Landboujoernaliste is onlangs deur SAB na Hartswater
en omgewing genooi om die 2018 SAB Hartswater
Besproeiingstoer mee te maak en hul boeredag by te
woon. Talle Senwesters en van ons produsente was ook
teenwoordig.
Deur Aubrey Kruger
Senwes Scenario Redakteur
G
TOEKENNINGS
arsprodusente het behoo-
rlik gepronk in Hartswater
toe SAB produsente in die
besproeiingsgebiede met
verskeie toekennings vereer het. Die groot
toekenning as kommersiële garsprodusent
van die jaar is aan Senwes produsent
Dewald Dempers van Dewald Dempers
Boerdery oorhandig, op wie Senwes
Scenario ook in 2015 gefokus het.
Die opkomende garsprodusent van die
jaar was Vivian Seboko en Louis Olivier
is vereer vir sy lewenslange bydrae tot
hierdie bedryf. Sy seun GP Olivier het die
toekenning namens hom ontvang. Idstone
Farming se Frank Lawrence is ook vereer
vir sy beduidende bydrae as produsent.
Die toekennings is deur SAB se Josh
Hammann (Direkteur: Landbou-ontwikkeling
in Afrika) en David Hauxwell (Vise-
President: Verkryging in Afrika) oorhandig.
OPKOMENDE PRODUSENTE
Tydens die toer was daar ook geleentheid
om ‘n paar opkomende produsente te
besoek. Een van hulle was Richard Segwai
in die Taung area. Hy vertel dat elkeen op
sowat 10 hektaar produseer, sommiges op
7,5 hektaar. Hy noem dat hulle graag ‘n
wins wil maak maar dat hulle te min grond
het om die doelwit te bereik. Die voltydse
landboukundige hier is Johannes Kokome
18
en volgens hom plant hulle gars so van
die einde van Junie af, afhangende van
die tipe kultivars wat hulle ontvang. Hulle
lewer aan die nabygeleë Senwes silo’s by
Magogong, Hartswater en Jan Kempdorp.
Hartswater is die kern van die garsbe-
sproeiingsgebied waar 60 000 ton gars
vir SAB geproduseer word, 7 000 hiervan
deur opkomende produsente.
Ben Wolhuter, landboukundige en pro-
jekbestuurder by Farmsol in die gebied,
vertel dat hulle sowat 108 opkomende
produsente het wat gars lewer. Hulle
help produsente in Rethuseng, Boselee,
Tshidiso en Pudumue wat deel van Taung
vorm.
Die innoverende gedeelte is dat hulle
studies hier doen om te kyk hoe die ver-
skillende kultivars presteer. Van die uit-
dagings wat hulle in die gesig staar is die
grootte van hulle grondgebied, besproei-
ingspype wat opgegradeer moet word,
beskikbaarheid van water asook diere wat
hulle lande binnekom.
Volgens Cynthia Funde, die publieke
belang verbintenisbestuurder by SAB, is
hulle doel om juis die aantal opkomende
produsente te laat groei. Wolhuter noem
dat die gebied perfek is vir hulle om ken-
nis op te bou, maar die min beskikbare
grond is 'n beperking. Hier word sowat
1 124 ha gars geproduseer.
Gawie Kotze, SAB landboubestuurder
in besproeiingsgebiede in Suid-Afrika,
noem dat hulle proef om 100 tot 180 pitte
per m² te plant en “werk met pitte per m²
eerder as pitte per m² want die grootte
SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE 2018
Senwes produsent Dewald Dempers
ontvang sy toekenning vir Kommersiële
garsprodusent van die jaar by SAB se
Josh Hammann (Direkteur: Landbou-
ontwikkeling in Afrika) en David Hauxwell
(Vise-President: Verkryging in Afrika).
Opkomende garsprodusent van die
jaar, Vivian Seboko, ontvang haar prys
by SABBI se Josh Hammann (Direkteur:
Landbou-ontwikkeling in Afrika) en David
Hauxwell (Vise-President: Verkryging in
Afrika).
en gewig van die pitte verskil”. Gars kan
verder uitmekaar as koring geplant word
want gars stoel baie meer as koring en
het meer are per plant.
Baie geluk aan al die produsente in
die gebied! Julle is waarlik ambassadeurs
van die garsbedryf!