Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 18

LANDBOUKUNDIG Nismark Konynboerdery “  ʼ n Aaneenlopende proses” ’n Bedryf wat baie nog moet ontdek, die konynvleisbedryf, is besig om sy stempel af te druk in die Suid-Afrikaanse mark. Hierdie voedsame proteïen word deur baie mense regoor die wêreld geniet!  Deur Mbali Skosana Senwes Gegradueerde S enwes Scenario het ’n konynboer in die Ventersdorp distrik besoek. Abraham Maree het ’n jaar of twee gelede ’n geleentheid gesien om met konyne te begin boer toe die familieboerdery ’n addisionele inkom- ste benodig het. “Konynboerdery is ’n aaneenlopende proses - hulle teel teen ’n vinnige tempo en jy kan dus elke 3-4 weke slag,” sê Maree. Nadat hy ’n opleidingskursus deurloop het by die Coniglio (Italiaans vir konyn) Konynboer Groep, het Maree met die Nieu-Seeland Witkonyn begin boer. Daar was eksta geboue op die plaas waarin die diere nou gehou word. Coniglio het die eerste vyf teelpare en die hokke verskaf; hulle slag vir en verkoop ook nou aan die Coniglio tak in Randfontein. Konyne moet deurlopend dopgehou word en Abraham het twee mense in diens wat hom help met sy konynboerdery. Die hokke moet daagliks skoongemaak word en een maal per maand ontsmet word. Die skaam diere het sensitiewe mae en die regte voer moet gegee word om diarree te voorkom. Abraham vertel dat hy hulle droë korrels en hooi voer. Die slagouderdom is 8-10 weke en die lewendige gewig moet minstens 2,2 kg wees. Konynvleis verkoop tans teen R53 per kilogram. Daar is hoogtepunte en laagtepunte in enige besigheid en Abraham beskryf die hoogtepunte as die feit dat “die diere baie rustig is”, wat hulle maklik maak om mee te werk. Die laagtepunte is dat hulle voortdurend dopgehou moet word, wat dit moeilik maak vir ’n boer wat ook met ander lewendehawe boer. ’n Verdere uitdaging is dat daar nie veeartse in die land is wat baie weet van die siektes wat konyne kry nie. Die boere moet dus by mekaar leer. Abraham sê dat daar ’n konynbo- er Whatsapp-groep is waar boere hul ondervindinge deel en wenke vir mekaar gee. Konynvleis se proteïeninhoud is baie hoog, die vetinhoud is baie laag en dit is ideaal vir mense met spysverteringspro­ bleme, cholesterol en diabeteslyers. Dit is ook ’n hoë proteïenbron vir fiksheidsfanatici en liggaamsbouers. Abraham se raad vir mense wat in konynboerdery belangstel is: “Doen eers deeglike navorsing, begin met minstens 100 teelkonyne en wees geduldig.”  Buiten konyne boer Abraham ook met skape.  'n Konyn kan gemiddeld geboorte gee aan sowat 6-8 konyne. 16 SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE 2018