Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 16
INNOVASIE
Vertikale
boerdery
Vervaardiging van kos met minder hulpbronne
Die wêreld se bevolking draai op 8 miljard monde om te voed en die mensdom gaan ernstig
moet kyk na hoe om meer te plant op minder grond en met minder hulpbronne. So, terwyl
sommige navorsers en vervaardigers van toerusting intelligente landbou-implemente ont-
werp wat môre se lande namens ons sal bewerk, ondersoek ander die moontlikheid om
futuristiese plase na die stedelike gebiede te bring.
Deur Martin van Zyl
Senwes Groepbestuurder: Innovasie
en Geïntegreerde Oplossings
V
ertikale boerdery is die praktyk
om plante bo-op mekaar te
stapel om in ’n toe en beheerde
omgewing te groei.
Aangesien hierdie groeistelsels binnens
huis gebruik word, met hoë produksie-in-
tensiteit en lae voetspoorvereistes, kan dit
opgestel word op plekke wat nie geskik is
vir konvensionele boerdery nie - eintlik op
14
enige plek. Dit verminder die omvang van
vervoer en hantering van die produkte om
dit vanaf die land na jou kombuistafel te
bring en die eindresultaat is dus varser en
gesonder vrugte en groente.
Iron Ox neem hierdie produksiemo
del ’n stap verder deur handearbeid met
robotarbeid in elke faset van die groei
siklus te vervang. “Ons het ons totale
groeiproses ontwerp, gebaseer op ’n
robot-eerste benadering. Dit beteken nie
net dat ’n robot by ’n bestaande proses
gevoeg word nie, maar om alles, insluitend
ons hidroponiese groeistelsel, rondom
robotte te ontwerp. Dit sluit in die oespro
ses, saaiproses en plantinspeksies.”
“Ons het gevind dat die twee grootste
koste met betrekking tot binnenshuise
boerdery, arbeid en elektrisiteit is. Met
die nuwe stelsel is ons in staat om baie
herhalende take meer effektief te verrig. In
die toekoms sal ons ook kweekhuise kan
gebruik waar ons gebruik kan maak van
die son, wat gratis energie verskaf.”
Die maatskappy se groeimodules, as
voorbeeld, is groot houers wat tot 800
pond se voedingsgebalanseerde vloei
stowwe kan hou, waarin plante groei, en
SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE 2018
• TECHNOLOGY & INNOVATION 2018