Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 31

NUUS Senwes Kersboomprojek 'n groot sukses  Deur Marlon Abrahams Senwes Scenario Hoofredakteur D ie gedagte het elf jaar gelede ontstaan om plaaslike kinders van verskeie instansies, wat die versorging van mishandelde kinders, kinders met gestremd­ hede en kinders in kinderhuise ten doel het, te bederf met 'n Kerspartytjie. Dit het met drie instansies begin - Rethabile Kinderhuis, Huis Adonai en Matlosana Kindersorg in Klerksdorp. Die Senwes Kersboomprojek is vandag trots om gasheer te speel vir 600 kinders en gestremde volwassenes van Manu Dei, Triest Opleidingsentrum, Janie Schneider, Rethabile Kinderhuis, Viljoenskroon Jeugsorg, Khaya Tshepo, Daphne-Lee Sentrum, Voetlig Kinders, Huis Adonai en die Atamelang Kinder- en Jeugsorgsentrum. Die geleentheid is op 2 November 2018 by die Triest Opleidingsentrum in Klerksdorp gehou en meer as 200 Senwes personeel het vrywillig die 600 mense bederf met geskenke en persoonlike sorg gedurende die dag. Die geleentheid sou nie moontlik gewees het sonder die bystand en borgskappe van meer as 80 besighede en individue in en om Klerksdorp nie. Van almal by Senwes - baie dankie aan al die borge. Die Kersboom het 'n belangrike dag op die Senwes kalen­ der geword. Dit skep nie net groot welwillendheid onder die ontvangers daarvan nie, maar dit betrek ook die plaaslike gemeenskap en besighede. Senwes is trots om Kersvreugde aan almal te bring wat elke jaar betrokke is. Ons sien uit daar- na om volgende jaar weer glimlagte op die gesigte van almal betrokke te plaas! FEESTYD IS FAMILIETYD! Ons wens jou en jou geliefdes ’n feestyd gevul met liefde, lag en saamwees. Mag elke dag vreugde inhou en die nuwe jaar geseën wees met nuwe geleenthede en die geesdrif om die meeste van elke dag te maak. Ons hier by DEKALB® sien daarna uit om elke geleentheid saam met jou aan te pak. Kontak gerus ons kliëntediens by: 011 790-8200 of [email protected] DEKALB® is ’n geregistreerde handelsmerk van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021. SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE 2018 29