Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 9

••• • • K E RSW E N SE • • M Kersboodskappe att. 9:13 “Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar die sondaars”. Elke jaar gaan Kersfees gepaard met baie besluite. Waar gaan ons wees? Wat gaan ons eet? Wie gaan wat kry? Met Jingle Bells in jou ore, breek die frustrasie van nog ’n jaar se Kersinkopies aan. Jy en jou vrou stry met mekaar nog voor die eerste geskenk gekoop is. Die volgende stukkie het ek op sosiale media gelees en besluit om dit met julle te deel: Waarheen is jou skip van drome op pad? Die Titanic het bekend ge­­ staan as die skip van drome, die onsinkbare skip, en tog is sy op Sondag, 14 April 1912, binne twee ure na haar watergraf. Tydens hierdie twee ure het baie interessante verhale afge- speel. Die reddingsbote was te min en toe die kaptein oor die megafoon afkondig dat vrouens met babatjies plek op die red- dingsbote mag kry, het ’n vrou sonder ’n baba besef hierdie is haar doodsvonnis. ’n Man met ’n baba in sy arms, het by haar verbygehardloop, omgedraai en sy kind in haar arms gesit: “Dit is jou kind… hardloop vir jou plek op die reddingsboot!” Wat is jou grootste Kersgeskenk? Ons is almal bewus dat ons lewensvaart, soos die Titanic, iewers gaan sink. Ons is ook bewus daarvan dat nie almal in hierdie lewe die reddingsboot van Jesus Christus gaan haal nie. Met Kersfees kom sit God opnuut weer Sy kind in jou arms en sê: “Dit is joune… hardloop na My reddingsboot!” Wonder jy watter geskenk om te gee? Gee hierdie boodskap van God se reddingsboot aan iemand. My wens vir jou - mag jy jou plek in God se reddingsboot inneem! Geseënde Kersfees en mag 2018 vir jou en jou mense net die aller mooiste inhou! Danie Minnaar SENWES VOORSITTER O ns is midde- in nog ’n pro­ duk­sie- en plant­seisoen en ook aan die einde van 2017 - een van die mees uitda- gendste seisoene tot nou. Politiek, ekonomie, volatiliteit, onsekerheid en misdaad is van die aspekte waarmee ons feitlik elke dag gekonfronteer is. Baie van ons se reaksie is moontlik, alles gebeur met ’n doel - wat moet gebeur sal ge­beur, alles het ’n rede! Dit impliseer dat ons almal in ’n pre- sies uitgewerkte, voorafbepaalde en volledig geprogrammeerde ewigheid ingaan!? Ek glo dat ons almal die pre- siese teenoorgestelde sal beleef - God luister en verander omstandighede, as ons hard werk, deeglik analiseer en aanhoudend bid en vra vir Sy Genade - belowe Hy ons dat Hy sal hoor. My opregte dank aan elke klant van die Senwes Groep - produsente, han- delaars en verwerkers - u is die rede vir Senwes se strategie. Voorspoed vir die Kerstyd en die nuwe jaar, ons gaan dit in met moed en hoop, ons is positief dat daar voldoende mense in Suid-Afrika is wat die regte dinge wil sien gebeur! Baie dankie en voorspoed vir u en u geliefdes. Francois Strydom GROEP UITVOERENDE HOOF SENWES Scenario • DES 2017-MRT 2018 7