Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 6

•••• HOOFARTIKEL

Senwes-klant ontvang Graan SA-toekenning

SENWES KLANT EN GRAAN SA GRAANPRO­ DUSENT VAN DIE JAAR , AC VAN WYK , SÊ DIT GAAN OOR “ DIE WAARDE WAT JY TOEVOEG TOT ENIGIETS WAT JY IN DIE LEWE DOEN .
MARLON ABRAHAMS

En dit is hoekom ons Senwes gekies het . Senwes bied die beste waarde , of dit op graan- of meganisasiegebied is . Waarde gaan nie net oor geld nie , dit gaan oor kommunikasie , mense , passie en effektiewe besigheidsbeginsels .”

AC , wat die toekenning as Graan SA se Graanprodusent van die Jaar ontvang het tydens ’ n formele geleentheid op 3 Oktober by die Theatre on the Track in Kyalami , skryf sy sukses daaraan toe dat hy “ op die regte plek op die regte tyd was .” Hy is die sewende generasie wat op die plaas Warmhoek naby Bultfontein boer , sedert sy voorsate as be staans boere begin het om die grond in 1841 te bewerk . “ Soos ek verstaan was ons van die begin af Senwes klante en oor die jare het Senwes bewys dat hy die beter keuse is ,” sê AC .
AC sê dat alhoewel hy , wat hy noem die “ show culture ” geniet , is dit nie sy aard om in te skryf vir sulke kompetisies nie . “ Ek het die nominasie van Graan SA aanvaar om aan die kompetisie deel te neem omdat ek dink hulle doen goeie werk vir landbou as ’ n handelsmerk en vir die beeld van die boer . Daar is goeie energie by Graan SA en ek stem saam met hulle benadering .”
AC produseer tans meer as 40 000 ton mielies en vertel dat sy boerdery in ’ n saaiboerdery ontwikkel het , “ maar my oupa en pa was skaap- en beesboere onderskeidelik . Mielies was goed vir ons en uit ’ n waardeoogpunt was die opbrengs die moeite werd .”
“ Ek hou van die stelling wat besigheidsman Warren Buffet maak : ‘ ontdek jou passie en jy sal nooit ’ n dag in jou lewe werk nie ’. Ek het van kleins af geweet dat ek wil plant en goed wil laat groei ,” sê AC . “ Ek is na die VSA om te leer hoe om mielies te plant . Die grond en klimaat is egter baie anders as hier en in terme van boerderypraktyke is daar groot verskille . Die belangrikste wat ek daar weggeneem het is dat dit my geleer het oor mense , verskillende kulture en ekonomieë en wêreldmarkte en hoe dit werk .”
“ Arbeidsbestuur is ’ n prioriteit vir my - die regte mense wat op die regte manier bestuur word in die regte poste , kan groot potensiaal ontsluit . Jy moet ’ n wen-wenomgewing skep , ’ n kultuur waar daar plek is vir almal en waar almal wen .”
Baie geluk met jou prestasie AC , van almal by Senwes .
AC van Wyk ontvang sy sertifikaat van Sonja Cloete ( Senwes Graanbemarkingsadviseur ).
4
DES 2017-MRT 2018 • SENWES Scenario