Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 5

A L L E S E N N O G WAT ••• • • T HIS A N D T HAT • • Pieter & Tshepo FRANCOIS STRYDOM Senwes HUB Sy boodskap oor die geweldsituasie in Suid-Afrika. “ AL die moeilikheid in Suid- Afrika begin nie met die letter Z nie, but it’s damn close. Hier gaan dit oor leierskap, ’n leemte in leierskap. Een van die goed wat ons nou sien, geweld in al sy vorme, die geweld wat vrouens en kinders ervaar, die geweld wat ons in townships sien, die geweld wat ons teen ons plaasgemeenskappe sien, die geweld wat dorpenaars en stedelinge sien, die geweld op treine, die geweld in hulle eie huise, die aggressiewe gedrag van mense op paaie. Alles is uitvloei­ sels van hierdie vakuum waarin ons leef. ” JAPIE GROBLER Voorsitter van Agri Securitas Sy gevoel nadat verskeie organisasies, waaronder Senwes, bygedra het tot skenkings wat oor die R2,2 miljoen beloop.. “ KLEIN en nederig, Ek dink nie ek het ander woorde nie. Ek en my familie het self die laaste paar maande plaasaanvalle oorleef en beleef. Dis maklik om as voorsit- ter van Agri Securitas dankie te sê. Dis anders as jy regtig besef waar­ oor dit gaan. Ek kan maar net namens elke landbouer in die land dankie sê. Die landelike bewoner, nie namens witmense of swart- mense nie, namens elke landelike bewoner in Suid-Afrika. Want dit is waar ons die geld aanwend. ” JOHAN VAN HUYSSTEEN 2017 Vrystaat Jongboer van die Jaar Boodskap aan produsente tydens die Senwes Toekomsfokusdag by Nampo Park. “ HOU aan wat jy doen, doen dit na die beste van jou vermoë. En hou jou hoop. Ek sê altyd, geloof is ’n vaste vertroue in dit wat jy hoop. As jy jou hoop verloor, het jy jou geloof verloor. So jy moet hoopvol bly, jy moet positief bly. Al is dit hoe hard en hoe moeilik. Maar dit wat jy doen, doen dit goed. ” DAN KRIEK Agri SA president en Vrystaatse boer Oor die feit dat ons land se 34 000 boere worstel teen droogte, natuur- rampe asook beleidsonsekerheid en daarmee saam moet hulle aanslae op hul lewens afweer. “ AL hierdie faktore kan oor die langer termyn tot voedseltekorte en onstabiliteit lei. Ek is deeglik bewus van die emosionele span- ning van plaasgemeenskappe en Agri SA en sy provinsiale organi­ sasies sal aanhou soek na oplos­ sings om die gewelddadige aanslag teen ons boeregemeenskappe te stop. ” SENWES INTERIM RESULTATE BEKENDGEMAAK Die tussentydse resultate vir die ses maande geëindig 31 Oktober 2017 is beskikbaar op Senwes se webblad by http:// senwes.co/Fin2017 . Die resultate word ook amptelik op 7 Desember in die Beeld en Volksblad aangekondig en sal in die Landbouweekblad van 22 Desember verskyn. DIE WENNERS VAN DIE VORIGE UITGAWES VAN SENWES SCENARIO IS AS VOLG: (Aug/ Sep 2017): CUM: Marlene Human van Riebeeckstad. (Okt- Nov 2017) Senwes Park T20- krieket: Madelyn Harmzen van Klerksdorp. SENWES Scenario • DES 2017-MRT 2018 3