Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 39

JOHN DEERE FINANCIAL HELP JOU SÓ :

Die landbousektor is tans een van die mees dinamiese bedrywe om besigheid in te doen . Die verwagte ekonomiese groeikoers tesame met die groei van die middelklas in Afrika suid van die Sahara , sowel as die kontinent se onontginde landboupotensiaal , bied enorme ekonomiese geleenthede aan rolspelers in dié sektor .
Die koste van – en toegang tot – krediet is egter ‘ n bron van kommer in menige moderne landboubesigheid .
John Deere Financial wil produsente help om hierdie hekkie te oorkom en ondersteun daarom ons kliënte met vinnige en maklike kredietprosesse vir die finansiering van nuwe John Deere-toerusting .
John Deere Financial se landboubatefinansieringspakkette word geskoei op jóú unieke omstandighede en meganisasie-behoeftes . Hierdie besondere finansieringsopsie is van toepassing op die aankoop van enige nuwe boerderytoerusting , mits dit van ‘ n gemagtigde John Deere-handelaar bekom is .
Sleutelvoordele aan die boer
• Gerieflike en buigsame terugbetalingstrukture John Deere Financial is vertroud met die sikliese aard van landbou , asook die feit dat kontantvloei die lewensaar van ‘ n besigheid is . Ons finansieringspakkette word saam- gestel om gesonde kontantvloei te ondersteun , om sodoende die groei van jou boerdery-onderneming te help bevorder .
• Pasgemaakte oplossings vir boere Ons verkoop nie bloot produkte nie . Ons bied pasgemaakte oplossings wat jou sal help om die hoogste moontlike vlak van doeltreffendheid te bereik . Wanneer John Deere Financial die leningspakket saamstel , oorweeg ons dus nie slegs die stand van jou balansstaat nie , maar ook die produksiewaarde van die plaas in geheel .
• Toegang tot ‘ n toegewyde verhoudingsbankier Wie het die tyd om in die bank in rye te staan ? Of om rondgestuur te word om ‘ n probleem op te los ? Met John Deere Financial se finansieringspakkette word ‘ n persoonlike verhoudingsbankier aan jou toegewys wat op jou spesifieke finansieringsbehoeftes fokus , sodat jy jou tyd en aandag kan toespits op dit wat jy die beste doen – boer .
• Buigsame leningstydperke Buigsaamheid ten opsigte van die terugbetalingstermyn maak die finansiering van nuwe toerusting bekostigbaar . Jou verhoudingsbestuurder is byderhand om jou van raad te bedien met gedetailleerde inligting rakende die voordeligste strukturering van paaiemente .
• Mededingende rentekoerse op alle nuwe John Deere-toerusting John Deere Financial streef daarna om aan ons kliënte uiters mededingende rentekoerse op batefinansiering te bied .
• Produksteun Omdat ons verbind is tot die hoogste mate van steun aan voedselprodusente , bied John Deere deurlopend opleiding aan tegnici by ons handelsnetwerke , om voortgesette naverkopediens aan ons kliënte te verseker .
Kontak jou naaste John Deere Financialbemarker of John Deere-handelaar vir meer inligting oor John Deere Financial se pasgemaakte finansiële pakkette en bekom daardeur ‘ n betroubare en toegewyde vennoot in jou vooruitgang .
Kontakbesonderhede : Ferdie Marx Alliansiebestuurder : Suid-Afrika John Deere Financial MarxFerdie @ JohnDeere . com
Onder-prima besparing

-5 % -4 %

Deposito

50 % 40 %

-3%
30 %
-2%
20 %
Finansiering gebou vir jou
BigDoor23126afr
* Bepalings en voorwaardes geld ( beskikbaar by www . deere . com / sub-saharan / en ). John Deere Financial word ondersteun deur Absa , ‘ n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer en geregistreerde kredietverskaffer . Reg Nr NCRCP7 .
Sluit aan by John Deere op Facebook Volg John Deere op Twitter Besoek John Deere op YouTube www . deere . com / sub-saharan / en africa @ johndeere . com
Kliëntediens : 0800 983 821