Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 38
•••• RUBR I E K
Met min kan
Hy baie doen
MILANIE VOSLOO
DIS HEEL NORMAAL OM TE VOEL DAT DIÉ MENSE
WAT REGTE WAARDES LEEF, LEIERS WAT MET
INTEGRITEIT LEI EN DIEGENE WAT DIE WAARHEID
ONDERSTREEP, AL HOE MINDER WORD. DIT KAN
’N MENS SELFS BANG MAAK.
T
otdat ons weer die verhaal van Gideon lees. Verlede
maand het ons weer onthou hoe Gideon tekens van
God wou hê dat dit regtig hý is wat die volk moet bevry. Hier
lees ons dan hoe Gideon meer as 44 000 manne bymekaar-
maak vir die geveg teen die magtige Midianiete. Nee, sê God,
dis te veel. “Sê vir die manskappe elkeen wat bang is om te
gaan veg, mag van die Gileadberg af wegdraai en teruggaan
huis toe.” Net 10 000 bly oor! En weer sê God dat dit te veel is
en sif hy die manne verder uit, totdat net 300 oorbly. Die res is
geskiedenis. Die vyand word verslaan en hulle het nooit weer
herstel nie (Rigters 8:28).
Dieselfde God wat met ’n klein klompie dapper manne dui
sende mense kan verslaan, regeer vandag nog! En steeds sê Hy:
“Ek is dan saam met jou!” (Rigters 6:16).
Miskien moet ons net weer vandag onthou:
• Die waarheid het ’n manier om – ongeag die sneeubaleffek
van die leuen – altyd iewers ’n einde aan iets te bring.
• Ons Vader dryf – selfs in tye wat dit lyk of dinge heeltemal
ontspoor – steeds die lewens-lokomotief.
• God het ’n manier om – afgesien van die dinge waaroor
ons nie beheer het nie – tog wonderwerke te laat gebeur op
maniere wat ons glad nie verwag nie.
• Hy werk nie met getalle nie, maar met en deur ’n klein
klompie gelowiges se harte.
• Gebed kan meer doen as wat ons of enigeen kan verwag.
• God het my en jou nodig om ook in hierdie land wonder
werke te laat gebeur.
God kan met min alles doen. Met niks die wêreld skep. Met
dapper gelowiges ’n lewe van oorwinning bly bou. Ons moet
maar net gehoorsaam, gewillig en binne sy genade bly.
Vader, dankie dat U aan my hoop en verwagting gee. Help my om
dit te leef.
36
DES 2017-MRT 2018 • SENWES Scenario
Wen
HOOP WAT KAALVOET LOOP
Soms druk die lewe... soos
’n paar ongemaklike skoene
aan die einde van ’n lang
dag. Dis dán wanneer jy
kan tuiskom by God; wanneer jy jou hart se
skoene kan uitskop en jou gestroopte menswees
met Hom kan deel. En dis in daardie veilige
ruimte by Hom waar jy sal ervaar hoe Hy die
donker in jou verdryf en aan jou nuwe hoop gee.
Hoop wat kaalvoet loop se 101 dagstukkies is
propvol hoop en inspirasie. Milanie Vosloo wys
jou hoe jy – ten spyte van baie dinge – kan
bly dans oor die lewe en bly hoop. Hoe jy –
ondanks alles – kan blý vertrou omdat jy ’n
Vader het wat jou stewig vashou. Wat jou met
arms vol genadeseën wil toevou.
Met haar eerlike manier kry sy dit reg om die
hart en siel van haar lesers te raak... hulle te
inspireer en aan hulle hoop te bring. Jy sal vind
dat Milanie se woorde jou hart raak omdat sy
met opregtheid en wysheid haar lewensondervin-
ding as suksesvolle sakevrou, skrywer, ma en
vriendin met jou deel.
Die oordenkings in dié dagboek is geneem uit
Milanie se topverkoper-boeke Sielskos vir die
vrou wat lééf! en Laat Sy liefde jou lei. Die dag-
boek word afgerond met teksverse vir spesifieke
behoeftes en plek vir notas agterin.
Die boek se vrystellingsdatum was in Augustus
2016 en is teen R179.95 op die rakke.
Wen met Senwes en Cum Uitgewers. Een
gelukkige leser kan ’n kopie wen van
Hoop wat kaalvoet loop, 101 dagstukke
vol hoop en inspirasie wat jou siel sal
verkwik. SMS Senwes, Cum, jou naam,
telefoonnommer en e-posadres na 31022
voor 28 Februarie 2018.
Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van
Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompe
tisiereëls, besoek die webtuiste www.senwes.co.za.