Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 33

••• • • T O E K O MSF O KUS • • besigheid, self-ondersoek of die herbesoek van jou visie en wat jy daarom- trent wil doen. Vra jouself na wie se stemme jy nou eintlik luister. Analiseer of die stemme konstruk- tief of negatief is. Herald sê dat ons die klein dinge­tjies moet identifiseer wat “jou reis in sy spore kan stop”. Dinge soos ongeduld, frustrasie, gebrek aan selfvertroue, deur te luister na te veel ander stemme, onrealistiese verwagtinge en om jouself met ander te vergelyk. Negatiwiteit (klein jakkalsies) kan ’n negatiewe impak op jou begeertes en jou drome hê (jou wingerd). Herald se raad is dat, wanneer jy ’n moeilike tyd beleef, moet jy stop, die probleemareas lys en dit prio­ ritiseer van die belangrikstes na die minder belang­rikes, en dit dienooreenkomstig hanteer. Dit voorkom dat jy rondskarrel en dit verskaf rigting. GELD KAN NIE LIEFDE KOOP NIE... In die boek ‘Mind over Money’, herinner Louis Fourie en Graeme Codrington ons: ‘Jy hoef nie ryk te wees om 'n vervulde en gelukkige lewe te leef nie... maar jy moet beslis veilig voel'. Baie boere voel die druk wat ’n onderdrukte landbousektor op hulle plaas en dit steel hulle hoop en vernietig hulle vreugde. Dit is nie net die gevolg van ekonomiese realiteite nie, maar ook van ’n politieke omgewing wat ’n onrealistiese las op die landbousektor geplaas het, sonder om ’n belegging te maak in die nodige kundigheid en finansies. Baie van die faktore is buite ons beheer en dit bedreig ons besigheid en sekuriteit. Ons keuses bly egter binne ons beheer. HAAL DIEP ASEM - MEER GELD ≠ GROTER GELUK Ons hou self die sleutel tot ons geluk en dit lê in die motive­ ring agter ons besluit­neming. Ons k an kies hoe ons wil reageer op politiese, ekono- miese en sosiale invloede in ons omgewing, maar dit is belangrik om te besef dan ons keuses nie net gedryf kan word deur die najaag van geld nie. Die lewe bied altyd uitdagings. Dit mag beteken dat sekere veranderinge gemaak moet word... soms is verande­ ring presies die regte ding om te doen! Om in beheer te bly en positief te bly is belangrike karaktertrekke wat ons sal help om toegewyd te bly en by beslui­ te met ’n langtermynsiening te hou. Persoonlikheid en hou­ding verander nie net omdat ’n mens meer geld en sekuriteit het nie - dit klim saam op die wa en gaan waarheen ons ookal gaan! MOENIE BEKOMMER NIE, WEES GELUKKIG Volgens Fourie en Codrington, is geluk: Om jouself te aanvaar. Om deel te wees van ’n reso- nerende gelukkige huishou­ ding. Om in beheer te wees van materiële besittings, in plaas daarvan om deur die materiële beheer te word. Om jou werksomgewing as positief, uitdagend en bevredi- gend te ervaar. Om nie te wroeg oor jou finansiële sake nie, maar om jou geldsake op ’n verantwoor- delike wyse te hanteer. ASEM DIE TOEKOMS IN - ASEM DIE VERLEDE UIT! Boerdery kan ’n multi-generasie besigheid wees. Baie boere ervaar dit as ’n las en is van mening dat hulle beter kan doen om die besigheid suksesvol te maak en na die volgende geslag oor te dra. Sentiment moet nooit wysheid vertroebel nie. Entrepreneur Fred Mouawad se familiebesigheid groei steeds na 126 jaar. Hy was reeds agt maal ’n HUB en het geleer dat dit belangrik is om 1) Jouself te ken - ken jouself en reflekteer dikwels; 2) Erken dat jy slegs so goed is soos die mense om jou; 3) Wees intern en ekstern gefokus ten einde jou besigheid te belyn; 4) Jy moet ’n oorwinnaarsmentaliteit hê wat jou visie vir die besigheid vervat en bou dan jou span dienooreen- komstig. Hy gebruik die volgen- de 7 riglyne elke dag:: Moed - Delf diep en beur voren- toe; Dissipline - Wees bedag op syfers en hulpbronne; Respek - Jou klante, beleggers, belanghebbendes en werknemers is jou welvaartskeppers; Bou - nuwe markte en nuwe geleenthede; Talent - neem vars, nuwe talent in diens; Wysheid - Heg waarde aan wysheid, leer van ander; Voogdyskap - Neem 'n langter- mynsiening eerder as om vinnig van die toneel af te verdwyn. BEHOU PERSPEKTIEF: SOLANK AS WAT EK ASEM HAAL... Ons moet altyd op ons doel in die groter plan fokus en dié dinge najaag wat in Ons Vader God se plan vir ons opgesluit is. “Die gees van God het my geskape, en die asem van die Almagtige maak my lewend” (Job 33:4). Ons moet onsself na Hom wend, elke dag, nie net wanneer ons nie verder weet wat om te doen of te sê nie: “Laat alles wat asem het, die Here loof!” (Psalm 150:6) SENWES Scenario • DES 2017-MRT 2018 31