Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 30

•••• G RAA N M AR K VO O R U I T S I GT E November 2017 > VERVOLG VAN BLADSY 27 Pietsap van Rensburg Die verwagte sonneblomaanplan­ tings is ongeveer 5% hoër as die afgelope seisoen en die verwagte sojaboonaanplantings is 25% hoër as die afgelope seisoen. Daar is gerugte dat Suid-Afrika 1,8 mil- joen ton sojabone kan verbruik. Die vraag is of die beskikbare perskapasiteit dié hoeveelheid kan verwerk. Die kwaliteit van die oliekoek in terme van volhoubaar- heid blyk ’n probleem te wees wat tot oponthoude in die persproses lei. Dit kan tot gevolg hê dat daar minder gepers sal word as wat ons gehoop het, wat oordragvoorrade kan laat styg. Sonneblom en soja­ bone kan ook vir ’n geruime tyd op die berekende uitvoerpariteitsvlak verkeer. bsolute verbasing oorval jou die oomblik as jy Pietsap van Rensburg se groot versame­ling John Deere mod- eltrekkers in Schweizer-Reneke aanskou. Meneer John Deere is al manier om hom te beskryf. Hier is alles van John Deere trekkers, ploeë, belde, gordelgespes en trap- trekkers, sneeumanne, huise en tydskrifte - die lys is legio. OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING Die afgelope seisoen is gekenmerk aan uitermatige hoë opbrengste van mielies en oliesade, wat daartoe aanleiding gegee het dat ons oor- dragvoorrade drasties toegeneem het. Dit het op sy beurt daartoe aanleiding gegee dat die kommo­ diteitpryse vir ’n geruime tyd op die berekende uitvoerpariteitsvlak verkeer het. Dit plaas die wins- gewendheid van die kommoditeite onder groot druk. Die aanplant- voornemens van die onderskeie kommoditeite, soos op 26 Oktober bekendgemaak, laat die vrese ont- staan dat die kommoditeitpryse vir ’n geruime tyd op die berekende uitvoerpariteits­vlak kan verkeer. Daar is egter graan- en oliesadekon- trakte wat die situasie tot ’n mate kan verlig. Skakel en bly in voeling met jou graanbemarkingsadviseur om prysgeleenthede te benut en jou as produsent te help om die lae pryse op die mees effektiewe manier uit te bestuur. Daar is tans nie wondere te verrig nie, maar die proses moet so effektief as moontlik uitbestuur word. 28 Meneer John Deere! A MAAR WAAR HET ALLES BEGIN Die kort storie is dat Pietsap se versameling op 8-jarige ouderdom begin het met sy pa, Hennie, wat ’n Ford-modeltrekker vir hom gekoop het nadat hy hom ’n pak slae gegee het. Maar dié is vinnig opgespeel. Hulle het met Ford- trekkers op die plaas Doornbult gewerk tot hulle in 1977 na John Deere oorgeskakel het. Hy spot: “Hondjies se ogies gaan na so 7 dae oop. My oë het egter eers na 17 jaar oopgegaan.” Die werklike begin was egter in 1989, met ’n John Deere-toer na die VSA en alles het gesneeubal tot nou. SAMTA Die trekkertjies is eintlik ’n bysaak want SAMTA (Suid-Afrikaanse Modeltrekker Assosiasie) is die hoofsaak waar hy vir jare die voor- sitter was. Maar watter model is vir hom die belangrikste? “Hulle is almal belangrik. Laat ek jou so vra. Jou kinders, watter een kies jy. Jy kan eenvoudig nie,” sê hy. Hy is ook bekend vir sy restourasiewerk aan modeltrekkers en spot weer: “ ’n John Deere maak jy reg, en ’n... (die ander) gooi jy weg.” Soos wat dit net ’n John Deere-man betaam. Maar na wie kyk die man op? Beslis Groen Karel Bezuidenhout van Elliot – “Daar is nou ’n groot John Deere- man met baie passie.” * Pietsap het ook gereelde toere. Kontak Pietsap van Rensburg by 082 772 7200. Lees die volledige artikel met foto’s. http://senwes.co/pietsap Pietsap van Rensburg wys sy duisende John Deere modeltrekkers aan Senwes Scenario. DES 2017-MRT 2018 • SENWES Scenario