Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 28

•••• G RAA N M AR K VO O R U I T S I GT E November 2017: Markverwikkelinge THYS GROBBELAAR SENIOR GRAANANALIS, SENWES GRAINLINK Artikel geskryf 27 Oktober 2017 DIE DOEL VAN DIE ARTIKEL IS OM ’N BREË MARKOORSIG VAN DIE BELANGRIKSTE GRANE EN OLIESADE TE GEE AANGESIEN DAAR ’N REDELIKE TYDSVER­ LOOP TUSSEN DIE SKRYF VAN DIE ARTIKEL EN DIE PUBLIKASIE DAARVAN IS. Prysdrywers in die graan- en oliesademarkte INTERNASIONALE BEÏNVLOEDINGSFAKTORE Internasionale kommoditeitspryse Die vernaamste mielieproduse­ ren­de lande in die Noordelike Halfrond het al redelik ver gestroop. Oordragvoorrade is relatief groot en die Amerikaanse mielieprys beweeg in die omge- wing van $3,5 per skepel. Die Amerikaanse Departement van Landbou verwag dat hulle mielie­ prys tussen $3.3 en $4.1 die res van die seisoen gaan beweeg. Die verwagting is dus dat die prys nie wesenlik sal styg of daal nie. Ons plaaslike prys kry dus nie wesen- like ondersteuning van die inter- nasionale mielieprys nie. Energiepryse Die Internasionale LCO-ruolie prys het vanaf $44.8 per vat op 20 Julie 2017 tot $59.2 op 27 Oktober 2017 gestyg. Dit onder- steun die internasionale graan- en oliesadepryse tot ’n mate, maar 26 Grafiek 1. Die Rand/Dollar-wisselkoers beweging. insetkoste styg ook in die proses, wat die sagtekommoditeitspryse onder druk plaas. Prysdrywers in die plaaslike graan- en oliesademarkte Wisselkoersbewegings Die Suid-Afrikaanse rand het aan- sienlik verswak sedert 13 Oktober 2017 weens finansiële en politieke onsekerheid. Die rand is op sy swakste vlak die afgelope jaar. Die verswakkende rand ondersteun die plaaslike graan- en oliesadekom- moditeitpryse redelik sterk. Die vraag is: waarheen gaan die rand teen die dollar oor die afsienbare toekoms beweeg? Wit- en geelmielieprystendense op die Suid-Afrikaanse beurs Die Suid-Afrikaanse wit- en geelmielieprys verhandel baie na aan die berekende invoerpariteit as gevolg van die groot oes wat die afgelope seisoen gerealiseer het, wat tot hoë oordragvoorraad- DES 2017-MRT 2018 • SENWES Scenario vlakke lei. Tabel 1 dui die effek van die rand/dollar-wisselkoers en die Amerikaanse mielieprys op die berekende uitvoerpariteit aan. Sou die rand met ongeveer R2 teenoor die dollar verswak, sal dit ongeveer ’n R500 effek op die berekende uitvoerpariteit hê. Die rand/dollar wisselkoers moet dus fyn dopgehou word en bemar­ kingsgeleenthede benut word. Stand ten opsigte van uitvoere: Die volgende twee grafieke dui aan wat die kumulatiewe wit- en geelmielie-uitvoere (die rooi lyn) moet wees om die berekende uitvoerbare surplus uit die land te kry voor die einde van die 2017/18 bemarkingsjaar. Die be­rekeninge van die NAMC is in die grafieke gebruik. Met die uitvoerbare surplus word bedoel hoeveel ons moet uitvoer om by die benodigde pyplynvoorraad, wat ongeveer 16 weke se verbruik is, uit te kom. Die witmielie-uitvoere is baie traag en ons is ver van die beno-