Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 26

•••• RUBRIEK

Safex Scenario ’ s met Susari

SUSARI GELDENHUYS
INLEIDING Suid-Afrikaanse graanpryse is bekend daarvoor om besonders volatiel te wees weens onsekerheid oor wat die toekoms mag inhou vir die graanmark . Toekomstige voorraadvlakke , invoere , hektare aangeplant en opbrengste is slegs ’ n paar van die faktore wat onsekerheid ( en dus prysvolatiliteit ) in die mark veroorsaak het . Die onlangse oorgang van die ou seisoen met lae voorraadvlakke na die nuwe seisoen met meer gunstige produksieverwagtinge is ’ n klinkklare bewys . Hierdie volatiele omstandighede bemoeilik goeie verskansings- en beleggingsbesluite vir alle markdeelnemers . Daar bestaan egter twee algemene hulpmiddels in die vorm van fundamentele analise en tegniese analise wat sal bydra tot ’ n hoër waarskyn likheid van sukses wanneer so ’ n besluit oorweeg word .
Fundamentele analise en die basis van tegniese analise is reeds in vorige artikels bespreek . Die vorige artikels het gefokus op die gebruik van verskeie instrumen te in tegniese analise om sodoende sekere besluite te kan neem . As ’ n reël kan die meeste tegniese indikatore meer akkuraat geïnterpreteer word in samewerking met die interpretasie van verhandelingsvolume en opebelang as indikator . Die vorige twee artikels het gefokus op volume en opebelang . Hierdie artikel bestudeer die wisselwerking tussen prys , volume en opebelang as tegniese indikator .
Tabel 1 : Interpretasie van Prys vs Volume vs Opebelang Prys Volume Opebelang Interpretasie
artikels , word verskeie tegnieke gebruik om ondersteunings- en weerstandsvlakke vir pryse te be paal . Die geldigheid , of selfs sterkte , van hierdie ondersteunings- of weerstandsvlakke kan geverifieer word deur die gebruik van volume en opebelang . Die rede hiervoor is dat meeste van die aktiwiteite en sentiment van markdeelnemers vasgevang word in prys , volume en opebelang . Deur dus hierdie instrumente in samewerking met mekaar te analiseer , kan beter verhandelingsbesluite geneem word . Die instrumente kan op twee basiese maniere geïnterpreteer word : Bevestiging van huidige tendens / prysuitbreek , en vooruitskatting van ’ n tendensommekeer .
Wanneer pryse ’ n sekere primêre tendens vorm , word opebelang en volume saam gebruik om te bepaal wat die sterkte van ’ n tendens is . Indien pryse in ’ n opwaartse ( afwaartse ) tendens is , met volume en opebelang wat styg , sal die tendens voortduur . Wanneer pryse dan deur ’ n weerstandsvlak ( ondersteuningsvlak ) breek met volume en opbelang wat styg , word die uitbreek bevestig en sal die tendens verder voortduur . Daarteenoor , indien volume en opbelang daal tydens ’ n skynbare sterk tendens , toon dit aan dat markaktiwiteite en sentiment moontlik verander het . Indien pryse naby aan ’ n ondersteuningsof weerstandsvlak is , tesame met die verlaging in aktiwiteit , word dit beskou as ’ n verswakking in die sterkte van die tendens en kan ’ n tendensommekeer verwag word . Tabel 1 som die bostaande beskrywing kortliks op .
SLOT Deur slegs ’ n redelike begrip te hê van die bostaande inligting , is u reeds ’ n stappie voor die res . Dit is voordelig om tegniese analise met fundamentele analise te kombineer om sodoende die beste moontlike besluit te kan neem , aangesien ’ n breek deur ’ n langer termyn ondersteunings- of weerstandslyn gewoonlik gekoppel kan word aan fundamentele vraag- en aanbodfaktore wat verander . Tegniese prysgrafieke bied analiste die geleentheid om die verhouding tussen vraag en aanbod visueel voor te stel en kan moontlike veranderings in hierdie verhouding deur verskeie tegniese indikatore aangedui word .
Stygend
Stygend
Stygend
Sterk opwaartse tendens
Stygend
Dalend
Dalend
Verswakkende opwaartse tendens
Dalend
Stygend
Stygend
Sterk afwaartse tendens
Dalend
Dalend
Dalend
Verswakkende afwaartse tendens
BRON : SAAMGESTEL DEUR OUTEUR
24
PRYS VS VOLUME VS OPEBELANG 1 Soos reeds genoem in vorige
DES 2017-MRT 2018 • SENWES Scenario
Senwes stel daagliks ‘ n verslag vry rondom die interpretasie van prys vs volume vs opebelang . Skryf in om die verslag daagliks te ontvang , deur die volgende skakel te gebruik : https :// www2 . senwes . co . za / mysenwes / af-ZA / MarketHub / Reports /