Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 22

•••• NUUS Senwes trots op IRBSA-toekenning S enwes het met trots ’n toeken­ning van IRBSA (Instituut van Risikobestuur Suid- Afrika) ontvang by ’n galafunksie wat op 3 November 2017 by die Gallagher Konvensiesentrum in Midrand gehou is. Die toekenning is aan Senwes gemaak as wenner in die kategorie Landbou, Bosbou en Visserye, na ’n nominasie deur IsoMetrix vir ’n uitstaande bestuursinisiatief. ’n ander landboumaatskappy, VKB, het die tweede plek verower. Senwes Groep Risiko­bestuur­- der, Chris Koch, het die toeken­ ning van die president van IRBSA, Berenice Francis, ont- vang. Koch het gesê dat dit eerstens ’n groot eer is om die toekenning te ontvang en ’n selfs groter eer om as die wenner aangekondig te word. Hy het gesê dat Senwes intensief betrokke is by die Senwes Risikomodel. Die feit dat baie min maatskappye die residuele risikogebaseerde model tot dieselfde mate as Senwes gebruik, onderskei Senwes en gee hom ’n voorsprong. Koch het beklemtoon dat die toekenning spesifiek vir die resi­ duele risikogebaseerde model is en die manier waarop hulle risiko kwantifiseer en monitor deur middel van die stelsel. Die inisia­ tief moes eerstens beste praktyke demonstreer en moes tweedens ’n beduidende impak op die maat­ skappy of risikobestuursbedryf hê. Die nakomings- en ouditafdelings gebruik tans ook Isometrix as hul oplossingsvennoot. Verskeie spanne het bygedra tot die suk- sesvolle implementering van die onderskeie IsoMetrix modules, wat onder andere David Theron (Nakomingsbeampte) en Dirk Opperman (Groep Uitvoerende Bestuurder - Interne Oudit en Gerusstelling) insluit. WAT BETEKEN DIE TOEKENNING? Dit is getuienis van die vordering wat ons as maatskappy gemaak het en die geleenthede wat steeds in die toekoms ontgin kan word. Dit demonstreer die Konsep Wysigingswetsontwerp op belastingwette 2017 Die Nasionale Tesourie wysig elke jaar ons belastingwetgewing en in hierdie artikel ondersoek ons ​​die Konsep Wysigingswetsontwerp op belastingwetgewing van 2017, soos aangevul deur die Nasionale Tesourie. Aangesien dit slegs konsepwetgewing is, mag dit nog steeds verander. Lees ook meer oor die her- 20 r ­ oe­ping van buitelandse werks­ inkomste-vrystelling. Volgens die huidige inkomste­belastingwet is die vergoeding wat Suid-Afrikaanse inwoners buite Suid-Afrika verdien, ten volle vrygestel van DES 2017-MRT 2018 • SENWES Scenario Senwes Groep Risikobestuurder, Chris Koch met die IRBSA- toekenning. dryf na beste praktykbeginsels en beklemtoon the risiko-averse kultuur van Senwes. Die toeken- ning bevestig ook die verhoogde volwassenheids­vlak van risiko- bestuur in die groep. Die verantwoordelikheid en aanspreeklikheid vir risiko- bestuur lê op alle vlakke van die organisasie, vanaf die direksie tot by elke besigheidsbestuurder en werknemer. Die erkenning wat ons ontvang het bevestig die ywer en noukeurigheid waarmee Senwes risikobestuur toepas, wat toonaangewend is, gegewe die toekenning wat ontvang is. inkomstebelasting, mits hulle buite die land is vir ’n spesifieke periode. In die artikel is daar ook ’n bespreking van die maatreëls wat verfyn word om belasting­ ontduiking te voorkom deur die gebruik van trusts. Die volledige artikel is beskikbaar by: http://senwes.co/liberty of skandeer die QR-kode