Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 18

•••• HA N D E LSN U U S Julias Ramohlabi word lid van PETFAFF Opleiding is sy passie Die ontwikkeling van landbou sy doelwit JULIAS RAMOHLABI IS ’N MAN MET ’N PASSIE VIR OP- LEIDING. HY VIER VAN­JAAR ’N DEKADE BY SENWES, SEDERT HY AS JUNIOR LANDBOUKUNDIGE IN 2007 AANGESTEL IS. AUBREY KRUGER H y is ’n jaar later bevorder tot landboukundige - ’n pos wat hy beklee het tot hy in 2013 sleutelrekeningbestuur­ der geword het. Hy is ook die bestuurder van die afde­ ling Ontwikkelende Landbou/ Opkomende Produsente en is verantwoordelik vir die totale por- tefeulje. Hy is aangestel as lid van die Provinsiale Onderwys en Oplei­ dingsforum vir Landbou, Bosbou en Visserye (PETFAFF) in die Vrystaat, nadat hy deur Senwes genomineer is. Hy is baie dankbaar, eerstens omdat hy genomineer is en twee­ dens omdat hy een van net ’n paar genomineerdes is wat verkies is om op die forum te dien. Sy onmiddellike reaksie was “dit is ’n geleentheid om ’n betekenisvolle bydrae te lewer tot ontwikkelende landbou en die opleiding van ons produsente”. Ons het Julias nog ’n paar vrae gevra. 16 VERANTWOORDELIKHEDE BY SENWES “My hoofdoelwit is om die boek in die Senwes-gebied te vergroot en om toegang tot finansiering, tegniese ondersteuning (men- torskap) asook marktoegang en hulpbronevaluering te verkry.” OP WATTER GEWASSE FOKUS JY? “Ek fokus hoofsaaklik op pro- dusente wat mielies, sonneblom, sojabone en koring plant.” WAT IS DIE HOOFUITDAGINGS VIR OPKOMENDE PRODUSENTE? “Die belangrikste uitdagings wat opkomende produsente het om toegang tot befondsing te verkry is: ’n Gebrek aan sekuriteit, ’n klein balansstaat, negatiewe kon- tantvloei en terugbetalingsver- moë.” WAT IS JOU VERANTWOORDELIKHEDE AS LID VAN DIE OPLEIDINGSFORUM? “My hoofverantwoordelikheid sal wees om die Departement van Landbou van advies te be­dien, spesifiek die lid van die uitvoe­ ren­de komitee (LUK) van Land­ bou, rakende die opleiding van produsente en studente met betrekking tot landbou in die algemeen.” WAT IS DIE VERBAND TUSSEN DIE TWEE POSISIES? “Hulle komplimenteer mekaar perfek. Ten opsigte van beide is my strewe intensiewe mentorskap ten einde ’n gladder oorgang te verseker - ek glo die enigste ma­­ DES 2017-MRT 2018 • SENWES Scenario nier om vaardigheid oor te dra is deur opleiding.” WAT IS JOU LEUSE ASOOK DIE GROOT- STE UITDAGINGS WAT LANDBOU IN SUID-AFRIKA IN DIE GESIG STAAR? “Ek is nie iemand wat daarvan hou om ingeperk te word nie. Gee my net vryheid en ek sal my eie grense stel. Die landbousektor in Suid-Afrika word deurlopend geaffekteer deur veranderinge in klimaat, tegnologie en beleide.” WAT MOET ONMIDDELLIK GEÏMPLEMENTEER WORD? “Die regering moet titelaktes aan produsente gee sodat hierdie opkomende produsente toegang tot befondsing van finansiële instellings kan kry, of daar moet kredietwaarborge wees.” HOE SIEN JY DIE TOEKOMS VAN ONTWIKKELENDE LANDBOU IN SUID- AFRIKA? “Daar is ’n goeie vooruitsig van sukses rakende ontwikkelende landbou maar daar moet besef word dat die regering en die privaatsektor saam moet werk.” WAAR KAN JY GEKONTAK WORD? “Opkomende produsente kan my direk skakel by 018 464 7156, of ’n e-pos stuur na julias.ramohla- [email protected].”