Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 14

•••• KO L LI G Theuns Britz hou die leisels en bou aan sy Bloekomboomfamilie SENWES SCENARIO HET BY DIE BLOEKOMBOOMBOERDERY GAAN KUIER WAAR SENWES-PRODUSENT, THEUNS BRITZ, DIE LEISELS STEWIG VASHOU EN LETTERLIK ORALS OP DIE PLAAS BETROKKE IS. DIE BEKENDE BRUID-EN-BRUIDE­GOM-BALE EN GEEL- EN-BLOU MINIONS IS PADAANWYSERS NA DIE PLAAS TUSSEN KLERKSDORP EN BOTHAVILLE. AUBREY KRUGER DIE BRITZ-FAMILIE Jy kom dadelik agter dat familie­­betrokkenheid kardinaal by Bloekomboomboerdery is. Hy en sy vrou Hendrina is die perfekte voorbeeld vir kinders Theuns Junior, David, Lizelle en Yolandi. Beide word volgende jaar 60 en vier dan ook hul 40ste huweliks­ herdenking. Boonop is Theuns die senior produsent, opknapper en selfs die hoof- en voorslagkok van hulle gasteplaas La Rouge. Hendrina wat hy as ’n ystervrou beskryf asook Lizelle is in beheer van die gasteplaas. Theuns junior, wat al ook voorsitter van die Manna Studiegroep was, is by die saai- en beesboerdery en David, ’n voormalige rugbyspeler, en sy ma bestuur die administrasie en finansies. Meer onlangs is selfs Theuns se skoonseun, Shawn Marais by die boerdery betrek, waar hy saam met Theuns junior by die bees- en saaiboerdery werk. 12 Hendrina en Theuns Britz by die reuse alleenstaande bloekomboom waarna die boerdery vernoem is. Die bruid en bruidegom langs die pad. Beter bekend as meneer en mevrou Baal. NUWE GELEENTHEDE HUL KOS Nuwe geleenthede is hulle dryf­ veer. Dit maak hierdie familie selfs meer uniek - soos die plaas, die gasteplaas en nou ook die voer- kraal, wat nog in sy babaskoene is. Dit maak deel uit van sy siens­ wyse om nie net op een inkomste staat te maak nie. BOERDERY Daar word 80% op mielies gefokus, met die res van die grond wat vir sonneblom, voergewasse en beesboerdery aangewend word. Hulle het onlangs ’n voerkraal op die been gebring en beplan om die kleinveeboerdery uit te brei. Wat die area tussen Klerksdorp en Bothaville verder uniek maak, is dat hulle sand-, rooi- en turfgrond DES 2017-MRT 2018 • SENWES Scenario hier het en volgens Theuns kan amper enige gewas derhalwe hier verbou word. En met ’n watertafel asook 600 mm reën per seisoen, is hulle oorgehaal vir sukses. BOOM Die keuse van die boerdery se naam is op ’n Sondagoggend in die lewe geroep om alles onder een identiteit te bring. Dit ver- wys na ’n alleenstaande boom op die plaas wat na raming oor die 70 jaar oud is. ’n Bloekomboom stel ook ’n sterk groeier voor wat standvastig is en geanker is, en die sterk wortelstel simboliseer die familie. Die boom se takke is ook ter illustrasie van diversifisering en groei van die boerdery. En die embleem van dié boom sal nog