Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 13

••• • • PRO MO SIE -A R T IKE L • • Sonkrag in die nag SO JY HET HIERDIE REEKS ARTIKELS GRETIG GEVOLG, MAAR JY HET NOG EEN BRANDENDE VRAAG. WAT KAN EK DOEN OM SONKRAG IN DIE NAG TE GEBRUIK? D ie antwoord is om batterye deel van jou son­kragstelsel te maak. Die onder­werp open egter ’n hele nuwe veld van vrae en oorwegings soos: • Vir rugsteun- of energiebespa­ ringsdoeleindes? • Litium, Loodsuur, Gel of enige ander opsie? • Hoe lank sal hulle hou? • Kan ek ’n 12V-battery gebruik? • Hoekom is daar batterye met verskillende spannings? As die begroting nie ’n oorwe- ging is nie en jy wil beïndruk met die nuutste en beste, dan is Litium-ionbatterye soos die Tesla- kragmuur, die pad om te gaan. Hou net in gedagte dat batteryleef- tyd in siklusse gemeet word en nie jare nie en alhoewel Li-Ion batte­ rye oor die algemeen meer siklusse verskaf, moet u beoogde gebruik in gedagte gehou word. Die gebruik van die battery daagliks, dit wil sê daaglikse laai-ontlaai siklus, teenoor die ge­bruik van die battery as ’n rug­ steun tydens kragonderbrekings, sal heelwat verskillende battery­ leeftye in terme van jare lewer. Die volgende oorweging is tem- peratuur, batterye is baie sensitief vir hoë temperature en elke graad bo 25°C verminder die batteryleef- tyd aansienlik. Nuwer battery tegnologie soos Gel-batterye is sogenaamde “droë” batterye en benodig minder onder- houd as tradisionele Loodsuur- batterye. Hulle is ook sterker in terme van omgewingstoestande, maar vereis meer gevorderde laai-algoritmes. ’n Tipiese battery inverter werk met 48V DC aan die battery kant. As jy dus vier 100Ah 12V batterye in serie het, sal jy die vereiste 48V vlak bereik met 100Ah battery berging wat 4 800VAh kan lewer, as jy 1 000Ah 2V batterye sou gebruik word 24 selle benodig en die stelsel sal 48 000Vah kan lewer. Dus, die verlaging van die selspanning is ’n manier om die totale batterykapasiteit te verhoog. Die opneem van ’n goed be­plan­de batteryelement kan groot waarde tot ’n sonkragstelsel byvoeg deur bykomende nagtydse energie- en energiesekuriteit te voorsien. 11 Our expertise are the building blocks of the future Engineering Procurement Management Solar PV Energy Management Network and Revenue Planning Building Services Industrial and Automation Power Transmission & Distribution Electrification and Lighting [email protected] www.motla.co.za 018 474 9000