Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 12

•••• AREA F OK U S Klerksdorp > VERVOLG VAN BLADSY 9 Ter nagedag- tenis aan die mans wat in die wêreldoorloë, 1914-1918 asook 1939-1945, omgekom het. In 1987 vind die 150 jaar vieringe plaas en talle Klerksdorpers was deel van die ervaring. Staatspresident PW Botha het die geleent­heid by die Oppenheimer Stadion bygewoon. Ses jaar later, in 1993, word Klerksdorp as stad verklaar met ereburgerskap wat tydens die geleentheid aan nog ’n Nobelpryswenner, Staatspresident FW de Klerk, toege­ken is. ANDER DORPE SPRUIT VOORT Orkney, wat in 1940 gestig is, is vernoem na die Orkney Eilande, Noord van Skotland, vanwaar die oud-goudpionier, Simon Fraser, afkomstig is. Fraser het goud op die plaas Witkoppen ontgin. Lesers sal die dorp onthou vir die TV-reeks en film Orkney Snork Nie. Die skrywer van die reeks, Willie Esterhuizen, is ook van Klerksdorp. Stilfontein word in 1949 gestig as die woongebied vir drie groot myne in die streek naamlik Harte­bees-­ ­­fontein-, Buffelsfontein- en Stilfonteinmyn. Spreekwoordelik kan die streek as die kosmandjie be­­stempel word, wat ook uitgespel word as KOSH (Klerksdorp, Orkney, Stilfontein en Hartebeesfontein). Hartebeesfontein is in 1955 gestig en selfs Anton Goosen sing van die dorpie in sy treffer Geelperskereën. Benewens Goosen, skets twee skoolliedere die dorp as volg. Die een lui, “uit sy aarde diep en ryk, tussen mynhoop en die lande weiwend graan...” terwyl ’n ander weer spog met die woor- de, “Hier in die Wes-Transvaal se velde vier in suiwer lug so blou.” Beter kan ek dit nie beskryf nie. ’n Stads­erva­ ring in die platteland. KLERKSDORP Landboubesigheidsbestuurder GRETHA HATTINGH FEESTYD IS FAMILIETYD! Monsanto wens jou en jou geliefdes ’n feestyd gevul met liefde, lag en saamwees. Mag elke dag vreugde inhou en die nuwe jaar geseën wees met nuwe geleenthede en die geesdrif om die meeste van elke dag te maak. Monsanto sien daarna uit om elke geleentheid saam met jou aan te pak. Kersfees ... ’n tyd om ons seëninge te tel. Kontak gerus ons kliëntediens by: 011 790-8200 of [email protected] Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021. Gretha Hattingh is jou getroue landboubesigheids­bestuurder en diens Klerks­dorp sowel as Hartbeesfontein. Sy is ervare op die gebied en het in 2009 by Senwes aan­ gesluit, wat beteken dat Gretha op 1 Desember 2017 vanjaar haar 8ste jaar hier vier. Haar titel het in Augustus van verhoudingsbestuurder na landboubesigheids- bestuurder verander. Sy kan die volhoubaarheid van die pro- dusent nie genoeg beklemtoon nie. Sy moet te alle tye bewus wees van wat in die land- bou-omgewing aangaan, om sodoende die klant se beste vennoot op die plaas te kan wees. Produsente en klante kan haar by die kantoor in Hartbeesfontein kontak by 018 431 0690 of by 072 433 1694. 10 DES-MRT 2018 • SENWES Scenario