Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 11

••• • • A RE A F O KUS • • Die Hinterlandtak in Klerksdorp is al sedert 1996 by die huidige perseel in Margaretha Prinsloostraat. Hendrik Potgieterstraat - 1837! Die oudste straat noord van die Vaal- en Oranjerivier (Transvaal). Die rybaan personeel! Agter Valerie Jonathan, Shadow Slambee, Ronald van Wyk, Samuel Maleme en Philimon Motebe. Voor is Happy Leburu, Rico van Schalkwyk, Samuel Choabi en Glendon Victory. SENWES Hoofkantoor word 40 Met hierdie eerste uitgawe van 2018 is dit die moeite werd om te noem dat Senwes-hoofkantoor in 2018 sy 40ste verjaardag vier. Die gebou is op 20 Oktober 1978 geopen deur die destydse Minister van Landbou, Hendrik Schoeman. Dit het die vorige hoofkantoor vervang, wat in Corrie de Kockstraat geleë was en vir amper 32 jaar as Senwes hoofkantoor gedien het. Interessant dat dit ook Klerks­ dorpse produsente was wat ’n vergadering belê het om ’n landboukoöperasie op die been te bring - so is Senwes (De Centraal Westelijke Co-operatieve Landbouw Vereniging) onder ’n boom gestig met die doel om graan te hanteer. Tak Die Senwes-tak is ook al baie jare hier gesetel en die huidige tak is reeds sedert 1996 in die East End Plaza in Margaretha Prinsloostraat geleë. Die takbestuurder, Earl Smiles, is hier in beheer van 50 personeellede. SENWES SILO’S IN DIE OMGEWING Hartbeesfontein silo Die silo is op 12 Mei 1978 geopen deur die Minister van Landbou, Hendrik Schoeman. Die silo ontvang meestal mielies, sonneblom, koring en sojabone. Hier is 20 silobuise met ’n totale kapasiteit van 101 000 ton. Vierfontein Silo Die 24 buise van die silo het ’n totale kapasiteit ongeveer 109 000 ton. Om 2017 se oes te kon inneem, het hulle 147 silosakke by die silo beskikbaar gestel, wat ekstra kapasiteit van 25 700 geskep het. INTERESSANTHEDE Die oudste straat noord van die Vaal- en Oranjerivier, (Transvaal) naamlik Hendrik Potgieterstraat, is hier aan die voet van die Oudorp-koppie met die Telkomtoring geleë, wat strek van kerk van Die Christelike Vereniging van SA aan die een kant en die N12 aan die ander kant. MG Jansen van Vuuren en AP Roos het onderskeidelik goud hier in 1885 en 1886 ontdek. Boomstraat in die middel van die stad verwys eintlik na die “golden boom” van daardie tyd en nie na ’n boom (tree) nie. Van die oorskot van die 12 Voortrekkerfamilies is tydens die eeufeesvieringe herbegrawe by die Konsentrasiekamp begraafplaas in Goueweg. Die bekende bronsbeelde voor die munisipale kantore