Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 10

•••• AREA F OK U S Klerksdorp [ 1837 – 2017 ] ’n ware skat met 180 jaar se geskiedenis DIS GEEN WONDER DAT KLERKSDORP OP DIE SKATROETE OP DIE N12 GELEË IS NIE - DIE JUWEEL VAN ’N LANDBOU- EN GOUDSTAD VIER VANJAAR SY 180STE BESTAANSJAAR. AUBREY KRUGER Die indrukwekkend munisipale kantoorgebou is deur die argitek Gerhard Moerdyk ontwerp wat ook die Voortrekker­monument ontwerp het. DIE BEGINJARE Klerksdorp het sy ontstaan in 1837 met 12 Voortrekkerfamilies wat hulle op die oewer van die Schoonspruit gevestig het. Dit is dus die oudste dorp noord van die Vaalrivier (Transvaal). Die dorp is vernoem na die eerste landdros van die area, Jacob de Clerq. Amper 50 jaar later word goud in 1885-86 ontdek, wat tot gevolg het dat Klerksdorp as die goud- stad bekend sou staan. Wat min Die monument word gewy aan die vroue en kinders van die Klerksdorpse konsentrasiekamp (1899- 1902). Die Oukerk is in 1898 geopen. 8 DES 2017-MRT 2018 • SENWES Scenario mense egter weet is dat diamante ook hier ontgin is. BEKENDE KLERKSDORPERS Die bekende Klerksdorpers wat al wêreldwyd naam gemaak het, is te veel om op te noem. Sekerlik die mees bekende is Nobelpryswenner, aartsbiskop emiritus Desmond Tutu wat in 1931 hier gebore is. Die 2012 Mejuffrou Suid-Afrika, Marilyn Ramos, is ook van hier­die stad. Sokkerondersteuners sal die naam van Philemon Masinga onthou, wat die bekende doel teen die Republiek van Kongo aangeteken het en so Bafana Bafana se plek in hul eerste sokker-wêreldbeker in Frankryk verseker het. ’n Legio rugby- en krieketspe­ lers is van die stad, soos die oud-Springbokspeler, Piet van Deventer. Krieketgewys is Jacques Faul, voormalige HUB van Krieket SA en nou HUB by die Titans, ook een van die stad se uitvoerprodukte. Nog ’n krieketspeler is Marnus Labuschagne (Australië) wat be­kend is vir sy beroemde vang- skoot op kortby om van Varun Aaron van Indië in 2015 ontslae te raak. Landbouers sal ook sy video op sosiale media onthou, waar hy ’n mielie vang. Ook boerverwant is dat die voormalige aanbieder van Boer soek ’n Vrou, Elma Postma, oftewel Dezi van 7de Laan, ook van Klerksdorp, asook Jonathan van Radio Raps, oftewel Rikus de Beer. Dan is Eben Dönges, ’n voormalige presi­ dent, ook van Klerksdorp - hy is opgevolg deur BJ Vorster.