Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 4

••••
DIT HET VERSEKER NIE ONGESIENS VERBY­ GEGAAN NIE , EN WAS DIT NIE WONDERLIK OM TE SIEN HOE MENSE SAAM VERENIG WORD NIE ?

Waar Maandag soms as ’ n blou Maandag bekend staan , was Maandag , 30 Oktober 2017 gekenmerk deur talle Suid- Afrikaners in swart geklee teen die misdaad wat in die land heers . Hordes mense , trekkers , stropers , bakkies en al wat ’ n plaasimplement is , het die land se paaie beset en dié gesig was aan die orde van die dag as ’ n sigbare teken van vreedsame saamstaan . Senwes het ook talle biddae gehou , van hoofkantoor tot by die verskeie handelspunte , om God se leiding te vra tydens hierdie beproewing .

En mag dit maar gesê word , dit is omtrent hoog tyd dat Suid-Afrika en die landbousektor saamstaan . Die rede hoekom mense swart gedra het of selfs swart armbande tentoongestel het , het my laat dink aan die geskiedenis van swart dra - eeue gelede het vrouens tot twee jaar lank gerou wanneer hul eggenoot tot sterwe gekom het .

SA verenig vir produsente

Interessant , kousbande het eers aan die einde van die 19de eeu ’ n gier geword . Dit was omdat langmouhemde in daardie tyd net in een grootte met baie lang moue beskikbaar was . Die kousband het dit moontlik gemaak vir elke persoon om die korrekte lengte van sy mou te kon bepaal .
In die Westerse kultuur is dit die norm om swart te dra ter nagedagtenis aan die familielid , vriend of kennis wat oorlede is . Kousbande het van modegier ook later oorgespoel as deel van ’ n rang of as jy deel van ’ n spesifieke groep was .
Kleurgewys is dit interessant dat pers in die 19de eeu die gebruik is en deur vroue gedra is in die tydperk na swart , en voor hulle weer gewone klere gedra het na die routydperk . Gedurende daardie tyd het twee sintetiese pers kleurmiddels die lig gesien .
Saamstaan is goed , maar die realiteit is dat harde werk nog voorlê om die situasie te beredder . Voor die breër gemeenskap se veiligheid nie verbeter nie , sal produsente se situasie nie verbeter nie . So sal die hele gemeenskap ook nie veiliger wees as daar nie na produsente se veiligheid gekyk word nie .
Aubrey Kruger
REDAKTEUR hoofredakteur Marlon Abrahams Tel : 018 464 7349 marlon . abrahams @ senwes . co . za
redakteur Aubrey Kruger Tel : 018 464 7449 aubrey . kruger @ senwes . co . za
advertensies Mariëtte Hugo Tel : 018 464 7505 mariette . hugo @ senwes . co . za
ontwerp en uitleg Mercia Venter mercia . venter @ senwes . co . za
medewerkers Marlon Abrahams , ds Carel Botma , Ds Willie Botha , Lucas Coetsee , Carl Kirstein , Carl Fourie , Stephan Geldenhuys , Thys Grobbelaar , Jenny Matthews , Susari Geldenhuys , Senwes Grainlink , Jan Serfontein , Johan van den Berg , Petrus van Staden en Milanie Vosloo .
subskripsie Marie Erasmus Tel : 018 464 7568 Faks : 018 464 7772 marie . erasmus @ senwes . co . za
eienaar Senwes , Posbus 31 , Klerksdorp , 2570 Tel : 018 464 7800
drukwerk Typo Tel : 011 402 3468
Kyk uit vir die nuwe Senwes Scenario wat in April verskyn !
• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 ( 7 ) van die Wet op Outeursreg .
• Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies , promosie-artikels of deur medewerkers nie .
2
DES 2017-MRT 2018 • SENWES Scenario