Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 24

••••
NUUS

Senwes en sy vennote verbly kinderharte met 10de Kersboomprojek

Senwes , sy vennote en personeel het vanjaar weer ’ n uitstekende Kersboomprojek geloods , wat die keer by Triest Opleidingsentrum in Klerksdorp gehou is . Die idee het begin omdat Senwes ’ n verskil in die lewens van minderbevoorregte kinders wou maak .

KERSBOOMPROJEK STATISTIEKE
• 900 pizzas is teen ’ n afslagbedrag deur Roman ’ s Pizza verskaf .
• 600 hamburgers is deur ’ n plaaslike voedselgroep , Steers , verskaf .
• 590 kinders het die Kerspartytjie bygewoon .
• 590 geskenke is vir die kinders deur Senwes-personeel geskenk .
• 200 Senwes personeellede was by die reëlings betrokke .
• 55 borge was betrokke - die meeste nog .
• 9 instansies in die Matlosanaomgewing en van Viljoenskroon het by die projek baatgevind .
Hiermee sê Senwes baie dankie aan al 55 borge wat die 2017 Kersboomprojek moontlik gemaak het :
ABI , Almur Marais , Botle-Ba-Kopano , Brand Theunissen , CANSA , Cardoso , Certisure , CSS Security ( Oskin ), Danie Minnaar , Datacentrix , Degesh , ER 24 , GAP Staging , GDS , Grainovation , Grindrod , Guterra Tours , Hinterland , IPT , JD Botha & Sons , John Deere , KHS , Klerksdorp Record , Klerksdorp Technical High School , Liberty Life , Matlosana Firebrigade , Nedbank , Nico Liebenberg , Old Mutual , PEP , Reformed Church Doringkruin , Rent-a-Drum , RMB , Road Show Entertainment , Road-Pave , Roman ’ s Pizza , Rozello , Schoonspruit Hoërskool , Senwes Credit , Senwes Equipment , Senwes Grainlink , Sizabantu , Steers , Studio Republic , Talisman , Techmach , Thuso Mills ( Thabo van Zyl ), Tip Top Tents , TLC Fire , Tom van Rooyen , Tradevantage , Triest Training Centre , Ultimate Schoolware en Wesvalia Hoërskool .
22

Senwes publikasies kry erkenning by SAPF-toekennings

SENWES-PUBLI KASIES het erkenning ontvang by die 2017 SA Publications Forumtoekennings aan die einde van September by die Africlassic River Lodge in Rivonia , waar hulle ’ n paar toekennings losgeslaan het .
GEÏNTEGREERDE VERSLAG Die Senwes Geïntegreerde Verslag van 2016 het die Beste Publikasie Voorblad - die Loretta Steyntoekenning - gewen . Mededinging was straf en die finaliste was PoPWorld van FNB , Juice ,
DES 2017-MRT 2018 • SENWES Scenario
ingeskryf deur Mikateko Media en The State of Cape Town Central City Report of 2016 . Senwes het gewen , met Juice in die tweede plek , gevolg deur PoPWorld ( FNB ). Daarbenewens is die 2017 Senwes Jaarverslag ook aangewys as die Mees Verbeterde Publikasie in 2017 .
SENWES SCENARIO Twee van die 2017-uitgawes van die Senwes Scenario-tydskrif het 5 merietesertifikate in die toepaslike kategorie gewen . Die
eerste was vir finalis vir die Beste Eksterne Tydskrif in Kategorie B ( kategorieë word ingedeel volgens omvang van begroting ). Beide uitgawes , naamlik die Senwes Scenario Junie-Julie 2017 en April-Mei 2017 uitgawes , het merietetoekennings ontvang vir Uitnemende Skryfwerk en Uitnemende Kommunikasie .
Die wenner in hierdie kategorie was die Discover Heritage-tydskrif van die Nasionale Erfenisraad , wat deur die media-agentskap , Tip Africa , ingeskryf is .