Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 58

•••• RUBR I E K FOTO: LEEF Waarin lê ’n betekenisvolle lewe? MILANIE VOSLOO IN SY BOEK, EVERYDAY GREATNESS , SKRYF STEPHEN R. COVEY DAT MENSE WAT ‘N GROOTSE LEWE LEI, DRIE BESLUITE GENEEM HET. H ulle doen iets en is proaktief, hulle is verbind tot iets betekenisvol en hulle leef volgens ‘n stel tyd­ lose en universele beginsels. Beginsels soos visie, innovasie, integriteit, respek, dissipline, menslikheid, kwaliteit, em­ patie, uithouvermoë en balans. Beginsels wat jou motiveer om anders te leef en om elke dag ‘n betekenisvolle lewe – ‘n lewe van oorvloed en geluk – te leef. Jou lewe is ook gebaseer op beginselpilare. Net jy weet of en hoe dit vir jou gewerk het, maar meer nog, net jy kan elke dag van vooraf besluit hoe jy die res van jou lewe wil leef. En natuurlik help die Woord ons baie hiermee. Soos in 2 Petrus 1* waar ons hoor: • Span julle altyd in om net die regte dinge te doen. • Sorg dat julle die Here goed ken. • Saam met kennis gaan selfbeheersing. • Saam met selfbeheersing gaan standvastigheid. • Daarmee saam gaan ’n lewe wat God verheerlik. • ‘n Lewe wat God verheerlik, leef ook met absolute lo­ jaliteit teenoor ander gelowiges. • Saam met liefde vir ander gelowiges, gaan die hartsbe­ ginsel om regtig om te gee vir almal met wie jy elke dag te doen kry. Beginsels kan nooit aangeplak of vertoon word nie, want dis die begin van wie en wat jy is. Die besluite van jou hart vergestalt in jou alledaagse lewe. Dit bepaal hoe jy dink, doen en lief het, ongeag jou omstandighede. As jy, soos ek, voel dat jy graag wíl, maar dikwels faal in jou poging om volgens die regte beginsels te leef, weet dan dat ons Vader nie van ons verwag om dit alleen te doen nie. Hy ken ons menslike feilbaarheid en wil ons graag help om deur goeie beginsels ‘n lewe van oorvloed te leef. Mag jy die moed hê om elke dag te streef na ’n beteke­ nisvolle en vol lewe - gebou op die regte fondamente. Gees van God – dankie dat ek deur U ánders kan wees. Anders in u waarhede. In u oorvloedige léwe. *Uit: Die Boodskap – verkort en aangepas. 56 DES 2016/JAN 2017 • SENWES Scenario Wen Stap die pad na vrede saam met Milanie Vosloo en die God van vreug­de. In Jou Voetpad na VREDE vertel sy dat God wil hê Sy kinders moet deur Hom gelukkige en vervulde mense wees. Die 366 dagstukke bespreek verskeie temas soos hoop, eerlikheid, nuut glo, gee en ontvang, geluk en jy kan maar net jý wees. Hierdeur sal lesers die versekering ontvang dat gelo­wiges weer kan probeer omdat ons onder God se vergifnismantel leef, dat daar altyd hoop is ten spyte van donker oom­blikke en dat ons mense met rustigheid kan wees omdat God ons lei. Milanie se gebed vir haar lesers is dat Jou Voetpad na VREDE hulle sal oortuig dat God hulle nooit uit Sy hand sal laat val nie en dat hulle opnuut bewus sal word van Sy liefde en genade-arm om hulle. Die boek behels 366 dagstukke in ’n lekkerlees 412-bladsye uitgawe. Dit is vir R189.95 op die rakke. Die boek volg op Milanie se Sielskos vir die vrou wat lééf, Laat Sy liefde jou lei, Gekoester in God se liefde, Moed vir elke môre, Net soos jy is en Sielsgedagtes. Wen met Senwes en Cum Uitgewers. Een gelukkige leser kan ’n kopie van Jou Voetpad na VREDE, 366 koesteroordenkings op jou reis saam met die God van vreugde, wen. SMS Senwes, Cum, jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31 022 voor 31 Januarie 2017. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompetisiereëls, besoek die webtuiste www.senwes.co.za.