Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 55

••• •• K O S V IR D IE SIE L •• Wie het die reg om in u woonplek te kom? LEES: Psalm 15 DS. WILLIE BOTHA IN DIE OU TESTAMENTIESE TYD HET GELOWIGES GOD SE TEENWOORDIGHEID IN DIE TEMPEL OP ’N BESONDERE MANIER BELEEF. LEES ONS NIE IN PSALM 73 DAT DIT JUIS IN DIE TEMPEL WAS WAAR DIE DIGTER TOT ANDER INSIGTE OOR SY SWAARKRY EN DIE SKYNBARE VOORSPOED VAN DIE GODDELOSE GEKOM HET NIE? V olgens die antieke gebruike sou mens ver­ wag dat daar allerhande kultiese voorskrifte moes geld alvorens iemand dit in die tempel waag. Tog is dit nie hier die geval nie. Die klem val eerder op die persoon se karakter. Wie daardie persoon voor die Here is. Daardie persoon wie se lewe onberispelik is, mag voor die Here kom. Dit is veral waar vir die persoon se verhouding met sy medemens. Hy praat die waarheid, is op reg gesteld, praat nie kwaad van ander nie, doen ander nie kwaad aan nie, beledig nie. So iemand se “ja” is ja, en sy/haar “nee” is nee. Selfs al sou dit ten koste van hulleself wees. In saketransaksies word daar met eerlikheid en integriteit opgetree. Die psalm herinner op ’n manier aan die twee tafels van die wet. Op die eerste tafel kom veral die mens se verhouding teenoor God ter sprake. Jy mag nie afgode dien of maak nie, jy mag nie die Here se naam oneerbiediglik gebruik nie, ensovoorts. By die tweede tafel handel dit veral oor die medemens wat nie deur iemand se gedrag benadeel mag word nie. Net soos in die geval van die tien gebooie, blyk dit ook in hierdie psalm dat ’n mens se optrede teenoor jou medemens nie losstaan van jou optrede teenoor God nie. Ook in die Nuwe Testament, wanneer Jesus die wet in Matteus 22:35-40 opsom, word die twee sake nie van mekaar geskei nie. Tempel en samelewing staan nie los van mekaar nie. Tog, as ons hierdie psalm lees, besef ons dat nie een van ons dit eintlik naby God kan waag nie. Onberispelikheid is nie iets wat ons regkry nie. Daagliks oortree ons teenoor ons medemens, of skiet ons ver te kort in die hulp wat ons kan verleen. Maar dit is wanneer Jesus na ons toe kom dat ons posisie voor God verander. Romeine 5:1,2 stel dit onomwonde: God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. Die klem verskuif van voor­ waarde na dankbaarheid, van menslike prestasie na Goddelike genade. Op grond van God se genade, behoort ons karakter en ons gedrag teenoor ons naaste, onbesproke te wees. SENWES Scenario • DES 2016/JAN 2017 53