Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 54

•••• ••••
TOEKOMSFOKUS
Selfone transformeer boerdery > VERVOLG VAN BLADSY 51
werk . Sleutel enige onderwerp in en daar sal ’ n video wees waaruit jy kan leer .
10 . Berekeningstoepassings is ook handig . ‘ Convert Polar Bear Farm ’ is handig vir die omrekening van eenhede , sowel as ‘ Calculator plus Unit Converter ’. Beide omreken temperatuur , gewig , lengte , gebied , volume en baie ander metingseenhede .
Die lys van toepassings is eindeloos en nuwe toepassings word daagliks bygevoeg . Die geheim is om dié te kry wat jou werklik sal help - en die res te ignoreer ! Kyk gereeld vir handige toeps ; kyk of hulle in Suid-Afrika werk en of hulle in jou bestuurs plan inpas . Jy sal kunsmisrekenaars , voorraadlyste , brandstofjoernale en handelsmerkspesifieke toeps kry , maar hulle is slegs relevant indien hulle jou boerderyaktiwiteite meer effektief kan maak - en net jy kan die oordeel hieroor vel !

Kyk Nasie in Gesprek op ‘ n nuwe Apple iPad Air 2

Een gelukkige leser kan ’ n Apple iPad Air 2 met 32Gig geheue en ingeboude Wifi , asook 2 Gig Data per maand vir 24 maande wen . Hierdie prys se waarde is meer as R10 000 .
HOE SKRYF EK IN : Al wat lesers moet doen om in te skryf is om die sleutelwoord “ Nation ” en jou e-posadres na 31022 te sms . Elke deelnemer skryf net een keer in , maar kan op die uitkyk wees oor hoe ekstra inskrywings verdien kan word .
Vir meer inligting oor die kompetisie en kompetisiereëls , besoek die webtuiste www . nasieingesprek . co . za .
52
DES ’ 16 / JAN ’ 17 • SENWES Scenario