Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 52

•••• T OEK OM SF OK US Selfone transformeer boerdery JENNY MATHEWS Bly in pas E k het onlangs op die plaas gehelp vee tel - iets wat my ’n bietjie frustreer. Ek sou graag wou hê dat die vee netjies in ’n ry verby my moet beweeg teen ’n pas wat maklike, akkurate telling moontlik sal maak... Ja, ek hoor hoe julle lag! Dit gebeur NOOIT! Maar daardie oggend, op die bakkie se dak, het ek ’n helder oomblik gehad. Ek het my selfoon uitgehaal en ’n video van die koeie en kalwers geneem soos wat hulle verbybeweeg het - en daardeur ’n klop op die skouer verdien van Seun Nr. 3, wat baie beïndruk was deur my idee. By die huis het ons die video afgelaai en die koeie en kalwers maklik op die rekenaarskerm getel! Hoeveel moeite doen ons om seker te maak dat die toerusting wat ons in ons hande het, werklik vir ons werk? Ek het my gesin en bure gevra om ’n lys te maak van die toepassings wat ’n praktiese verskil tot hul boerdery maak! (Ek hoop dat julle ook sal dink daaroor en jul idees met ons sal deel!) KOMMUNIKASIE Ek onthou die jare to ons “blind” gereis het met geen selfone nie en ek aanvaar steeds nie die hulp wat ek nou in die holte van my hand het, as vanselfsprekend nie. Ons sit nie meer vas in die mod­ der op afgesonderde paaie nie, wag en hoop nie meer dat hulp sal opdaag nie, wens nie meer dat ek oë agter my kop gehad het om elke trekkerbe­stuurder te monitor nie - hy is nou net ’n telefoonop­ roep ver! Die verskil wat selfoon­ kommunikasie gemaak het is nie slegs meetbaar in terme van die verligting van spanning nie, maar is ook meetbaar in terme van die besparing van die koste van brandstof en tyd. KAMERA Onlangs, toe ek in die dorp was, word ’n foto wat die nommer van die onderdeel duidelik aandui, na my foon gestuur. Ek kon na die agentskap gaan, die foto aan die assistent wys en seker wees dat ek die regte onderdeel kry om 50 DES 2016/JAN 2017 • SENWES Scenario huis toe te neem. Ons vind dat die gekombineerde werking van Kamera en Whatsap p ons effek­ tiwiteit verhoog het en minder reiskoste en vinniger aflewering tot gevolg het. BANKDIENSTE Wanneer ek mense vra oor die toerusting wat werklik ’n verskil in hul lewens gemaak het, noem hulle gewoonlik die banktoepas­ sing as een van die belangrikste. Dit is nie slegs 24/7 beskikbaar nie, maar dit het hulle verlos van die las om groot bedrae kontant saam met hulle te dra en hulle hoef ook nie vir ure tou te staan in die bank op maandeinde nie. MARKINLIGTING Produsente is vir jare gereeld per sms op datum gebring met markinligting deur die verskil­ lende landboubesighede, maar ’n toep wat baie gewild onder ons boere is, is Dalevest. Dit is ’n gratis diens oor Suid-Afrikaanse en Amerikaanse graanmarkte. Dit is beskikbaar in Afrikaans en Engels en verskaf intydse SAFEX pryse, tegniese en fundamentele analise, prysgrafieke, koop- en verkoop­ seine, weervoorspellings, daaglikse rapportering van R/$ en JSE en wêreldaandelenuus en -inligting, ’n geselsforum van ongeveer 2000 gebruikers, sowel as fisiese graanbemarkingsdienste.