Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 5

••• •• A L L E S E N N O G WAT •• Pieter & Tshepo Reën, reën lieflike reën! DS JACKIE VAN ZYL Tydens die biddag vir reën by Senwes Hoofkantoor in Klerksdorp. “U hou die heelal en elkeen van ons so in die palm van U hand. Ons is net opgewonde om U te kom loof en prys. U is ons alles en U genade is genoeg. Of dit droog is, of dit nou reën, Hy hou dit so in Sy hand.” SUID-AFRIKAANSE WEERDIENS Oor die feit dat dit nou reën na die droogte. “DIE publiek word gewaarsku dat die land in die greep van ernstige droogtetoestande is. Dit is belangrik om ontwikkelings dop te hou wat die heersende vooruitsigte vir die somerseisoen kan verander.” JOE MASWANGANYI Senwes Groep Uitvoerende Direkteur Oor ons afhanklikheid van God en reën. “ONS bedryf sou nie kon bestaan sonder God nie.” TONIE ROSSOUW Senior weervoorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor is baie positief oor moontlike reënval:  “VAN die Vrystaatse damme kan dalk nog teen einde Desember en die Vaaldam teen middel Die produsente lag breed oor die afgelope tyd se goeie reën wat oor verskeie gebiede uitgesak het. Desember begin oorloop.” MS NOMVULA MOKONYANE Minister van Water en Sanitasie Oor die vloede in Gauteng. “DIT voel asof ons ingedoen is, want ons het nie gekry waarvoor ons gevra het nie. Daar is belowe dat as ons sou bid en offerandes bring, dit sou reën en ons genoeg water sou hê. Maar wat ons nou kry is soveel meer as waarvoor ons gevra het.” STAAN PRODUSENTE BY IN DROOGTETYD Die Agri SA Droogte­­­ ramp­­fonds het jou hulp nodig. MAAK SÓ JOU DONASIE Donasies kan gemaak word via die webblad www.droogte­rampfonds.co. za met verskeie betalings­wyses soos EFT, Kredietkaart, Tjek- en Debiet­ kaarte, Kits, EFS, SnapScan of Premietarief SMS teen R30 per sms. MUSA MNTAMBO HOEKOM MOET EK BYDRA? Ezemvelo KZN Wildlife woord­voerder Oor die feit dat die reën die druk op die natuurlewe sal verlig. Senwes doen ’n beroep op alle besorgde Suid-Afrikaners om ons produsente by te staan, aangesien hul bydrae krities is vir die voed­ selsekuriteit van ons land en die plattelandse ekonomie. “ONS hoop dat ons nou die erg­ ste beleef het en dat die droogte­ siklus nou sy einde nader.” ENCA WEERDIENS “GENADIGLIK het die El Niño-episode, wat tot ’n groot mate bygedra het tot die gebrek aan somerreën die vorige seisoen, nou besig is om te verdwyn. Die gevolg is relatiewe normale somer­ reën vir die meeste gebiede in die vorm van donderstorms sedert die middel van Oktober.” JANINE VILJOEN Krugersdorp Nuusredakteur “Ek sing in die reën en sal elke druppel wat ons ontvang, koester.” SENWES Scenario • DES 2016/JAN 2017 3