Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 48

•••• HA N D E L SN UUS Gert Roos (tweede van regs) ontvang sy John Deere Gator 855D ter waarde van R230 000 by Senwes Hoofkantoor in Klerksdorp. By hom is Ferdie Pieterse (Uitvoerende Bestuurder Senwes Equipment), Jacques Stander (Senwes Bemarkingsbestuurder) en Philip du Plessis (John Deere Areabestuurder). Gert Roos wen R230 000 John Deere Gator 855D D ie wenner van die Senwes Equipment en John Deere Gatorkompetisie, die tweede been van die WEN GROOT kompetisie, is Gert Roos. Gert wou bitter graag die Gator wen en het ’n interessante taktiek gebruik om in te skryf. Hy het elke keer na die aantal ‘likes’ op die Senwes face­ book-bladsy gekyk en sy inskrywings dienooreenkom­ stig aangepas. Die 23-jarige boerseun van die Belfast-omgewing het baie keer ingeskryf. Soveel so dat sy hele familie en vriende geweet het dat hy sms’e instuur. Een vriend, Herman Smallberger, het hom skrik op die lyf probeer jaag en aan hom vertel dat die sms-koste veel hoër was as die 86 sent, en met dié het Gert groot geskrik met selfs ma Tharia wat in was op die gekskeerdery. Dié dat Gert geskok was toe Senwes hom bel dat hy die wenner is, want hy het gedink dit was nog ’n poets. Op Woensdag, 9 November 2016, het hy die prys in ontvangs geneem en gaan dit verseker op hul plaas Leeubank in Wonderfontein, Mpuma­langa gebruik. Om skape aan te jaag en na planters te gaan kyk op hulle plaas van 3 000 hektaar, waar hulle met mielies asook sojabone boer. Dit is die eerste keer dat hy iets wen en omdat hulle hom gespot het, gaan ma Tharia, pa Gerrit en broer Heinrich met baie jaloerse oë na hom kyk, ter­ wyl hy met die John Deere Gator op die plaas rondry. Hoe sê hulle? Wie laaste lag, lag die lekkerste! Die nuut gevestigde handelsmerk van Senwes Equipment, tesame met John Deere, het wye bloot­ stelling op sosiale media gekry met meer as 100 000 mense wat sedert die begin van die reeks kompetisies bereik is. Altesaam is daar 18 842 inskrywings ont­ vang. 46 DES ’16/JAN ’17 • SENWES Scenario