Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 47

NUUS

Wessies maak ’ n Senwes draai vir ’ n derde keer

•••
•••••••
AAN DIE EINDE VAN SEPTEMBER 2016 HET LEERDERS VAN HOËRSKOOL WESVALIA LANDBOU IN KLERKSDORP HULLE LANDBOUPOTLODE KOM SKERP MAAK MET ’ N BESOEK AAN SENWES HOOFKANTOOR SOWEL AS DIE VILJOENSKROON SILO .

Die elf leerders , Stephen Nortier , Anton

Nagel , Dian Opperman , Elardus Cronje , Herman van Stade , Dian du Preez , Louwrenza du Plessis , Anandie Fraser , Mandie Badenhorst , Shannon Janse van Rensburg en Limoné le Grange is graad 11 leerders by die skool .
Hulle was onder leiding van Departementshoof , Johan Louw , wat al dié posisie vir ses jaar beklee . Louw het aangevoer dat die skool en sy leerders baie put uit hierdie jaarlikse instelling met 15 na 20 leerlinge wat die besoeke meemaak . “ Hier word die teoretiese sowel as die praktiese deel hanteer . Dit is baie ‘ hands-on ’ wat die teorie en praktyk bymekaar bring ,” het Louw bygevoeg . ’ n Ander voordeel is dat die leerders ook skouers skuur met ander in die bedryf .
Senwes Opleidingsbeampte , Okkie Botha , het hulle deur hul passies gesit . Eerstens met ‘ n 3 ure teoretiese sessie by hoofkantoor en die laboratorium , waar hulle oor gradering en opberging van graan ingelig is . Hiervandaan is die leerlinge die volgende dag , 28 September , na Viljoenskroon Silo waar hulle meer geleer het oor hoe graan afgelaai word , bo by ’ n suier ingaan en hoe die graan weer uitgelaai word . Botha het aangevoer dat die leerlinge ook na die tyd eksamen skryf oor wat hulle alles geleer het . Die leerlinge het geweldig baie uit die tweedagbesoek geleer en volgende jaar sal die projek sy vierde jaar betree met nog leerders wat landbou as ‘ n loopbaanopsie oorweeg , met Senwes wat ‘ n kritiese rol hier speel .
Wessie Landbou tydens hul besoek aan Senwes ! Agter is Stephen Nortier , Anton Nagel , Dian Opperman , Elardus Cronje en Herman van Stade . In die middel is Louwrenza du Plessis , Anandie Fraser , Mandie Badenhorst , Johan Louw ( Departementshoof by Wesvalia Landbou ) en Dian du Preez . Heel voor is Shannon Janse van Rensburg en Limoné le Grange en Okker Botha ( Senwes Opleidingsbeampte ).
SENWES Scenario • DES ’ 16 / JAN ’ 17 45