Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 42

•••• G RAA N M AR K VO O R U I T S I GT E November 2016 > VERVOLG VAN BLADSY 39 witmielieprys van invoerpariteit tot uitvoerpariteit binne een sei­ soen kan beweeg en die berek­ ende verskil kan tot R2 400 per ton wees. Wees daarop bedag en neem dit in aanmerking in jou bemar­kingsplan. Die toekoms­ pryse reflekteer ook die mark se sentiment ten opsigte van die komende seisoen. Soos in die mark gesê word: Die nuus is reeds in die prys verdiskonteer. Die Mei- en Juliepryse van witmielies vorm tussen die berekende in- en uitvoer­pariteit. Die mark verdis­ konteer ’n groot witmielieoes.