Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 40

•••• G RAA N M AR K VO O R U I T S I GT E November 2016: Markverwikkelinge SENIOR GRAANANALIS, SENWES GRAINLINK THYS GROBBELAAR DIE DOEL VAN DIE ARTIKEL IS OM ’N BREË MARKOORSIG TE VERSKAF AANGESIEN DAAR ’N REDELIKE TYDSVERLOOP TUSSEN DIE SKRYF VAN DIE ARTIKEL EN DIE PUBLIKASIE DAARVAN IS. Prysdrywers in die graanen oliesademarkte Meegaande is ’n skematiese voorstelling van die vernaamste veranderlikes wat tans op die kommoditeitspryse in die wêreld en plaaslik inwerk. Daar gaan gepoog word om kortliks op die meeste van die veranderlikes te fokus. Fundamentele faktore Internasionaal • Verwagte ekonomiese groei • Energiepryse • Wisselkoersbeweging (veral tov dollar) • Oordragvoorrade Produksie Verbruik Plaaslik • Wisselkoersverandering • Oordragvoorraad – Invoere – Verbruik – Verwagte produksie » Verwagte reënval » Verwagte oppervlakte wat aangeplant gaan word » Klimaatsvooruitsigte (reënvalver spreiding, temperature) 38 Internasionale fundamentele faktore INTERNASIONALE EKONOMIESE SITUASIE Sedert die skryf van die vorige artikel het daar nie veel op die internasionale front verander nie. Die Amerikaanse verkie­ sing oorheers redelik die inter­ nasionale markte. Verwagte ekonomiese groei bly steeds aan die trae kant. ENERGIEPRYSE Die internasionale ruolieprys staan op hierdie stadium in die omgewing van $46.5 per vat. Soos bekend, gebruik die Amerikaners ongeveer 35% van hulle totale mielieoes om hernubare brandstofetanol te vervaardig. Teen die huidige prysvlak van Amerikaanse mielies en die Internasionale ruolieprys is die bruto marge met die vervaardiging van etanol ongeveer tussen $26 en $33 per ton mielies. Etanolaanlegte maak tans nog geld, maar astronomiese marges word nie gerealiseer nie. Energiepryse is dus nie wesenlik ondersteunend tot die mielieprys nie. INTERNASIONALE GRAAN- EN OLIESADESITUASIE Die wêreldoordragvoorrade van al die grane en oliesade is steeds op redelike hoë vlakke. Die stroopproses van somer­ DES 2016/JAN 2017 • SENWES Scenario graan is amper afgehandel in die Noordelike Halfrond, met goeie oeste wat in die meeste gevalle gerealiseer het. Die Amerikaners het byvoor­ beeld 95% mielies en 99% sojabone klaar gestroop. Hulle someroliesade- en graanpryse behoort die normale seisoe­ nale tendens te volg en stadig opwaarts te beweeg. Plaaslik WISSELKOERSBEWEGING Grafiek 1 dui die absolute volatiliteit van die SuidAfrikaanse rand aan. Sedert Oktober 2015 het die rand van R13 tot R17.20 per dollar tot Januarie 2016 verswak. Dit het ons kommoditeits­ pryse redelik ondersteun. Die huidige politieke onsekerheid het die rand oor die kort termyn verswak, maar die ver­ wikkelinge die afgelope week het die rand weer ondersteun. Kommoditeitpryse het egter redelik ondersteuning van die swak rand ondervind. WITMIELIES EN GEELMIELIES NOK-oesskatting Op hierdie stadium is daar veral twee faktore wat die somergewasse se prysbeweging domineer en dit is die ver­ wagte oppervlakte en die ver­ wagte klimaat die komende seisoen. Die oppervlakte wat per kommoditeit aangeplant