Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 4

•••• hoofredakteur Marlon Abrahams Tel : 018 464 7349 marlon . abrahams @ senwes . co . za
2
NOG NOOIT WAS ONS SO VERLIG SOOS DIE AFGELOPE TYD TOE GENADEWATER IN OORVLOED IN GROOT GEDEELTES VAN DIE LAND VERWELKOM IS NIE . SO WORD ONS GESEËN NADAT ONS DIE AFGELOPE PAAR JAAR ERGE DROOGTE ERVAAR HET , MET DIE LAASTE SEKERLIK DIE ERGSTE OOIT .

Die goeie van die droogte is dat ons op ons knieë gedwing word en moes bid vir reën , soos Senwes ook elke jaar doen .

Nog ’ n vlagie motreën is die aankondiging van OneAgri , waar jy met een identiteit op verskeie platforms kan aanteken . Dan reën dit figuurlik John Deeres op Agrivan Boerdery met heelwerktuigbemarker , Kwek Dietrichsen , wat 33 van die 39 John Deeres aan hulle verkoop het . Soos reën ons verras het , was Gert of Gerlu Roos verras dat hy die John Deere Gator 855D Gator gewen het . Hou ook die volgende uitgawe dop vir ' n artikel oor die wenner van die Mauritius-vakansie , Charl Fourie . En dan vertel Thys Grobbelaar ons ook meer oor reënvalvooruitsigte in Druppels op die Dak .
Baie van ons ken reën maar wat weet ons anders as dat dit druppels uit die hemelruim is ?
DES 2016 / JAN 2017 • SENWES Scenario
Wel hier is bietjie pitkos ! Reëndruppels is gewoonlik tussen so tussen 0.1 mm en 9 mm groot en anders as wat algemeen aanvaar word , lyk reëndruppels glad nie soos traandruppels nie en is hulle meer sferies .
Wat van spoed ? Klein druppels van 0.5 mm val teen slegs 2 m / s terwyl druppels tien keer groter ( 5 mm ) teen 9 m / s of 32 km / h neerstort . G ’ n wonder dit slaan so seer nie ...
Ken jy die terme wat tydens nuus uitsendings gebruik word ? Wel , die term ligte reën beteken dit val so 2.5 mm per uur , matige reën is weer tussen 2.5 en 7.6 mm per uur met swaar neerslae as 7.6 mm per uur of meer reën . Interessant !
Wêreldwyd is die jaarlikse gemiddelde reënval 990 mm en met talle gebiede wat minder as 250 mm die afgelope seisoen ontvang het , kan dit eintlik as woestynareas geklassifiseer word .
Soos ons die reën verwelkom , fokus ons ook op Welkom en die Odendaalsrus omgewing en val die kollig hierdie keer op Senwes produsent Uys van Heerden .
Laastens , net as jy al gewonder het , die meeste reënval in ’ n betrok ke 24-uur siklus was 1 820 mm by ’ n plek genaamd Foc Foc in die Indiese Oseaan .
’ n Geseënde en reënerige Kersfees word ’ n ieder en elk toegewens .
Aubrey Kruger
REDAKTEUR redakteur Aubrey Kruger Tel : 018 464 7449 aubrey . kruger @ senwes . co . za
advertensies Mariëtte Hugo Tel : 018 464 7505 mariette . hugo @ senwes . co . za
ontwerp en uitleg Mercia Venter mercia . venter @ senwes . co . za
medewerkers Dr Erik Adriaanse , Wèan Benadie , Ds Carel Botma , Ds Willie Botha , Carl Fourie , Japie Fransman , Thys Grobbelaar , Henfred Linde , Jenny Matthews , Susari Geldenhuys , Gerrit Oosthuizen , Jan Serfontein , Luan van der Walt , Vossie van Straaten en Milanie Vosloo .
subskripsie Marie Erasmus Tel : 018 464 7568 Faks : 018 464 7772 marie . erasmus @ senwes . co . za
eienaar Senwes , Posbus 31 , Klerksdorp , 2570 Tel : 018 464 7800
drukwerk Colorpress Tel : 011 493 8622
• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 ( 7 ) van die Wet op Outeursreg .
• Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies , promosie-artikels of deur medewerkers nie .