Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 30
••••
HA N D E LSN U U S
TAKBESTUURDER POTCHEFSTROOM
Ruan bring kleur
en geur na Potch
AUBREY KRUGER
L
ouis Leipoldt skryf, “Dit is die maand Oktober!
Die mooiste, mooiste maand!” Dit is ook die
geval met Ruan van der Merwe, wat in die einste
Oktobermaand as takbestuurder by die Hinterlandtak
in Potchefstroom aangesluit het.
Vir Ruan het Oktober talle mooi herinneringe en
hy sal nes Leipoldt se pen, talle geure na dié tak bring.
Hy is op 24 Oktober 1984 gebore en 24 jaar
daarna, op 4 Oktober 2008, met sy vrou Hannelie
getroud. Hy het ook in die lente van 2012 in die
landbousektor begin, waar hy afdelingshoof by Afgri
in Middelburg was. In die lente van 2013 word hy
takbestuurder by Ogies, voordat hy vanjaar op 3
Oktober as takbestuurder by Potchefstroom begin
werk het.
Benewens die laaste vier jaar, waarvan hy drie jaar
’n takbestuurder was, het hy ander bestuurservaring
opgedoen as bestuurder van hulle familiebesigheid,
Die Koperketel Bakkery en Restaurant, en was hy ook
vir twee jaar takbestuurder by GC Coatings werksaam.
Dan is hy ook in besit van ’n Nasionale Diploma in
Besigheidsbestuur.
Die Kroonstad-gebore Ruan is ’n Middelburgman
en het by Laerskool CR Swart en HTS Middelburg
gematrikuleer. Hy en sy vrou Hannelie het twee
spruite Ruané (6) en Simoné (15 maande).
Hy is bewus van die uitdagings wat op hom wag
maar hy pak die geleentheid met beide hande aan –
“Ek gaan gebruik wat ervaring my geleer het, naamlik
dat die maklikste manier om jou personeel te laat
werk, is om self hard te werk. Jy moet
personeel net bestuur, en as voor
beeld lei.”
Die Besturende Direkteur, Daan
Bronkhorst, het volle vertroue in
hom: “Ruan het reeds bewese
sukses by Ogies behaal en
ek weet wat die waarde
is wat hy tot die
Potchefstroom tak
kan voeg.”
Ruan van der Merwe is die nuwe takbestuurder
van die Hinterlandtak in Potchefstroom.
28
DES 2016/JAN 2017 • SENWES Scenario
Ken jou Certisure
personeel
NICO VAN DEN
HEEVER
AUBREY KRUGER
WAT DOEN JY BY CERTISURE?
Ek ’n bemarker/makelaar en doen beleggings vir
lede van die Senwes Sambreelfonds, asook afgetre
denes, bestuur fondse op lewende annuïteite, doen
diskresionêre fondse by Allan Gray en talle ander
dinge.
HOE HET JOU LOOPBAAN TOT NOU GEVORDER?
Ek het as bemarker by Sanlam begin en het daarna
by Trustbank as bankmakelaar aangesluit. Toe is ek
terug na Sanlam, as takbestuurder en onafhanklike
makelaar tot 2010, waarna ek by Certisure begin
het.
WAAR IS JY GEBORE EN WAAR HET JY SKOOLGEGAAN?
Odendaalsrus gebore en skoolgegaan by Odensia
Laerskool in Odendaalsrus en Hoërskool Sentraal in
Bloemfontein.
WAT WAS JOU PLANNE NA SKOOL?
'n Beurs vir medies is op registrasiedag na meganiese
ingenieurswese verander. Toe kom Sanlam in die
prentjie in my tweede jaar en...
HOE SIEN JY JOU TOEKOMS BINNE DIE MAATSKAPPY?
Ek lewe en werk met oorgawe en geniet elke dag.
Dis ’n fees hier!
WAT IS DIE BESTE RAAD WAT JY AAN KLIËNTE SAL GEE?
Verstaan spaar en praat met iemand wat waarde vir
jou kan toevoeg.
WAT DOEN JY IN JOU VRYETYD?
Het baie jare gholf gespeel. Nou is dit net fotografie,
fiets en gym.
FAMILIE?
Ek is met Anel Christine (Meisie) getroud. Sy het
in atletiek en swem presteer en nasionaal teen Karen
Muir meegeding. Arno is my seun, die eienaar van
Health Studio in Klerksdorp, en ek het twee klein
kinders, Dian en Denel.