Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 21

••• •• HA N D E L SN UUS •• 'n John Deere en Senwes Equipment klant, lewenslank > VERVOLG VAN BLADSY 17 Herbert Mabuza ontvang sy 250 ton klub sertifikaat van die ondervoorsitter van Graan SA, Preline Swart. die ontvangers van die toeken­ nings was, gee hulle die nodige eer aan Senwes vir die bystand wat hulle ontvang. Herbert sê: “Die ondersteuning van Senwes oor die jare was van onskatba­ re waarde.” Nog ’n belangrike aspek was die ondersteuning van Senwes Landboukundige, Julias Ramohlabi. Herbert sê dat Julias die kritiese skakel is tussen hom en amper elke diensaspek by Senwes. “Ek kan vir Julias selfs op ’n Sondag bel en hy sal my help.” Simon sê “Julias is my belangrike ondersteuningsnetwerk en as ek punte aan hom sou toeken, sou dit 12 uit 10 wees.” Die prestasies wat hierdie twee behaal het is uitstekend en Senwes Scenario het ook op hulle gefokus as opkomende boere gedurende die afgelope jaar en gedurig kon­ tak met hulle gehou op hul pad na sukses. Welgedaan Simon en Herbert, julle is ’n toonbeeld van sukses. Doen so voort! Die 2016 Graan SA/Absa Bestaansboer van die Jaar toe­ kenning is aan Mzwayi David Zuma van Estcourt in KwaZuluNatal toegeken tydens die Graan SA Kleinboer van die Jaar sere­ monie en die 2016 Graan SA/ Syngenta Kleinboer van die Jaar toekenning is aan Sizwe Ngwenya van Piet Retief in Mpumalanga toegeken. soveel hy wat hulle (die klante) gedraai het.” Kwek vertel verder dat dit Senwes Equipment se mikpunt is om 40% markaandeel te handhaaf en wat veral lekker is van ’n klant soos Agrivan, is dat ‘n klant wat voorheen van mededing­ ers gekoop het, 100% na John Deere oorgeskakel het. "Ek kan met vertroue sê dat Werner se bloed verseker groen is.” AGRIVAN BOERDERY Agrivan het klaar begin met hul vervangingsprogram. Die eerste John Deere trekker is nou ingeruil na 3 750 uur, met die res van die vloot se vervanging wat klaar geskeduleer is. Agrivan Boerdery is oorhoofs in die aartappelbedryf betrokke en produseer permanent op 700 hektaar op ’n 7-jaar rotasiepro­ gram. Hierdie eenheid, wat vier plase beslaan, is in die hartjie van die Christiana-omgewing. Hulle is ook aandeelhouers en lede by Wesgro, die grootste voorsiener van aartappels in Suid-Afrika. Vir Werner gaan alles oor ver­ houdings. Kwek het in hulle ’n klant vir die lang termyn, of soos Werner dit stel, “Kwek het my vloot en ’n kopie van die vervan­ ging. Trekkervervanging is vir my soos gif of kunsmis - iets wat jy moet doen.” Hy noem dat toe hulle die 14 x 5076E gekoop het, alles net begin klop het. “Die prys was beter, die waarborg beter, die koers, naamlik prima min 9% en uitstekende inruilwaarde was beter as dit wat die kompetisie gebied het,” lag ’n goeie besigheidsman. JOHN DEERE – EMOSIE EN SOMME “Natuurlik is daar ’n bietjie emosie as dit by John Deere kom en dit is ’n lekker gevoel om NET groen te wees, want John Deere getuig van kwaliteit. Die somme moet egter ook uitwerk. My seun, Werner (6) sal my ook nooit vergewe as ek iets anders koop nie. Hy sal dink daar is iets fout met my.” Werner het ook twee ander kinders, Anje, die oudste, en klein Pieter. “Ons het ’n redelike fris vloot en ek kan veral na dié jaar weer met sekerheid sê dat as jy John Deere vergelyk met alles in dieself­ de klas, kan John Deere nie geklop word nie.” Werner sê dis beslis nie ’n geval van blindelings in ’n ding ingaan nie. Dis ’n wen-wen situasie. SENWES EN JOHN DEERE KLANTE Hierdie boerdery is ’n groot Senwes klant en doen gereeld aan­ kope by Hartswater en Hoopstad. Benewens al bogenoemde raak die pakkie by Senwes Equipment volgens Werner net groter. “Die lekker is dat Kwek ’n eenheid aan my verkoop en toewyding gaan betaal. Ons plan werk.” Met die volgende generasie produsente reeds aan die groot­ word, is Werner positief dat die groen trekkers nog vir jare op dié plaas gaan dreun: “Ek moet dankie sê vir die diens van Senwes Equipment en John Deere. Ek het nog nooit gevoel hulle gee die verkeerde antwoorde vir my nie. My seuntjie se siel kan ook nou rus - John Deere sal dit wees vir die toekoms.” SENWES Scenario • DES 2016/JA