Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 19

••• •• HA N D E L SN UUS •• Dis nou hoe ʼn vloot van 39 John Deere trekkers op een plaas lyk! ’n John Deere en Senwes Equipment klant, lewenslank 39 John Deere Trekkers by Agrivan Boerdery AS JY NOU HOENDER­ VLEIS OP ʼn AARTAPPEL­ PLAAS WIL KRY, DAN MOET JY DIE GEDREUN VAN 39 JOHN DEERE TREKKERS HOOR. DIT WAS WAT OP SENWES SCENARIO BY AGRIVAN BOERDERY NABY CHRISTIANA GEWAG HET. AUBREY KRUGER H eelwerktuigbemarker by die Hinterland tak in Hoopstad, Kwek Dietrichsen, het in totaal 33 van hierdie vloot John Deeres aan die eienaar, Ian Easby en sy vennoot, Werner du Plessis verkoop. Werner trek hulle in ’n halfmaan, al 33 wat Kwek aan hom verkoop het, wat insluit 3 x 7200R modelle, 2 x 7210R, 9 x 6125M, 14 x 5076E en 5 x 5303 modelle, asook ’n verdere 6 John Deeres wat deel van hierdie vloot uitmaak, en dis indrukwekkend! VOL LOF VIR KWEK Agrivan Boerdery het dié 33 trekkers vanaf 2013 tot 2016 by Kwek gekoop en hoewel Kwek nederig is, het Werner sowel as die takbestuurder by die Hinterland tak in Hoopstad, Jaco van Graan, net goeie woorde vir Kwek. Jaco vertel dat Kwek se naam gereeld opduik as dit by trekkerverkope kom. “Hierdie is ’n eenheidrekord, Heelwerktuig­ bemarker by die Hinterland tak in Hoopstad, Kwek Dietrichsen, en vennoot by Agrivan Boerdery, Werner du Plessis skud blad nadat hy 33 van die vloot John Deeres aan hulle verkoop het. veral in dié area. In die laaste vier jaar het ons nie lekker reën gehad nie, en met dit inaggenome, skuif Kwek regtig baie trekkers. Hy sit elke maand trekkers deur. In September was dit ongeveer R8 miljoen s’n alleen. Hy het nie net klante nie, hy het vriende. Dit is wat hom so goed maak.” Maar Kwek hou voet by stuk dat hy dié klant dieselfde as al sy ander klante diens – “Dit gaan vir my uit en uit oor naverkopediens. Hoewel baie korrespondensie tele­ fonies is, is dit is die verhoudings wat saak maak,” vertel Kwek, wat al sedert 1999 by Senwes werk. En wat hom so goed maak, is dat hy feitlik die hele bedryf ken. Hy was onderdeleverkoopsklerk in Wesselsbron, daarna onderde­ lebestuurder vanaf 3 Mei 2005 by Hoopstad - die dag toe hulle oop­ gemaak het. Vanaf 2008 is hy die heelwerktuigbemarker in die dorp. Volgens Werner het Kwek ‘n kwotasie op een trekker gegee - dit het begin met ‘n 7200. Vandaar af het hulle grootmaat aangekoop en vervang hulle hul vloot elke vier jaar. Jaco is in sy noppies met Kwek – “Kwek sê Senwes het hulle (die klante) gedraai. Ek sê dis net > VERVOLG OP BLADSY 19 SENWES Scenario • DES 2016/JAN 2017 17